Leesplan inligting

Sewe Dae van Nadenke en Verklarings vir Elke Seun van GodVoorbeeld

7 Days of Meditation and Declarations for Every Son of God

DAG 4 VAN 7

Om Pa Te Wees


Die grootmaak van drie dogters was vir my ʼn voorreg, maar ook ʼn groot verantwoordelikheid. Met al drie wat nou volwasse en getroud is, is my taak grootliks voltooi. Dit was vir my wonderlik om 'n pa van dogters te wees en vroeg reeds was daar met elkeen van my dogters ... 'n oomblik.


Sy is miskien vyf of ses maande oud — en lyk nou soos 'n pragtige klein mensie. Sy is op en wakker en reageer op jou. Daar is interaksie. Die beste van alles is dat jy uitgevind het hoe om haar te laat lag. O, hoe hou jy nie daarvan om haar te laat lag nie!


Eendag, troon jy oor die hulpelose ou dingetjie. Sy kyk na jou en trek 'n sekere gesiggie. Skielik beleef jy hoe jy na jouself kyk op ʼn wyse soos nog nooit voorheen nie.


Dan smelt jou hart sonder waarskuwing in jou bors en oombliklik weet jy dat jy nooit ooit mag toelaat dat iets slegs met haar gebeur nie. Dat van vandag af, is dit jou toegewyde roeping om toe te sien en te help dat hierdie wriemelende, giggelende, bondeltjie potensiaal, die beste moontlike weergawe word, van wie God haar geskep het om te wees. Dit is 'n "vaderhart." Dus koester jy daardie roeping, maar jy word spoedig met drie ontnugterende realiteite gekonfronteer.


Die eerste is dat hierdie wêreld 'n verskriklike onsedelike en gevalle wêreld is. Dit lyk asof verdorwenheid en geweld uit elke kraak van ons verbrokkelende kulturele strukture vloei. Dit is die wêreld waarop jy haar moet voorberei. Hemelse Vader, hoe is so iets moontlik?


Tweedens weet jy maar al te goed hoe vol foute en gebroke jy as mens is. Jy is intiem vertroud met elke gebrek in jou karakter; van hoeveel foute en swak keuses jy tot op hede al in jou lewe gemaak het — en van hoeveel meer jy sekerlik vorentoe nog sal maak. Here, sy reken op my, daarom reken ek op U. Help!


Derdens, en dit is die mees ontstellendste openbaring ... ontdek jy dat ook sy, gebroke is. Dat sy nie as 'n volmaakte engel, of as 'n spreekwoordelike "skoon blaadjie”, gebore is nie. Dat sy uit die moederskoot gebore is, net so onvolmaak en met dieselfde nood aan Goddelike verlossing, as jy en elke ander seun en dogter van Adam — net ouliker. Liewe Jesus, help my om haar na U heen te wys.


In die lig van hierdie drie dwarrelende teenwinde, haal jy dus diep asem, beur vorentoe en doen die beste wat jy kan. Dan bid jy. Jy bid om haar waarlik lief te hê en haar met wysheid te onderrig. Jy kry dit nie altyd reg nie, maar jy bid vir genade en God voorsien dit oorvloedig. Jy bid dat sy genade jou foute sal bedek. Ek wil jou verseker — elke oggend sal jy daardie genade opnuut vind.


Gebedsverklaring: Ongeag of die dae van my vaderskap agter die rug is, voor my lê en of ek tans in die middel van hierdie heilige roeping is, van twee dinge is ek absoluut seker: u genade, vir elke rol waartoe U my geroep het, is vir my voldoende. U is, en sal altyd, 'n goeie Vader vir my wees. U het die volkome "Vaderhart”.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

7 Days of Meditation and Declarations for Every Son of God

'n Dieper begrip van God se genade sal mans herskep sodat hulle hul identiteit sal vestig op wie hulle werklik in Christus is. In hierdie proses sal hulle toegerus word om die duisternis om hulle te verdryf. “Biddende Ge...

More

Ons wil graag BroadStreet Publishing vir hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://broadstreetpublishing.com/praying-grace-for-men/9781424564163/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid