Leesplan inligting

Sewe Dae van Nadenke en Verklarings vir Elke Seun van GodVoorbeeld

7 Days of Meditation and Declarations for Every Son of God

DAG 1 VAN 7

Skep Bietjie Moed


Die storie word vertel dat daar 'n antieke Chinese vloek was, wat as volg vertaal sou kon word: "Mag jy interessante tye beleef". Daar is egter geen bewys dat so 'n vervloeking ooit in China gebruik is nie. Wat wel 'n feit is, is dat ons onsself wel in interessante tye bevind, nie waar nie? Tye van onrus en omwentelinge, polarisasie en verwarring. Tye waarin baie mense om ons angstig, kwaad, beangs, of wanhopig is. Natuurlik is ons nie die eerste geslag wat deur 'n interessante tydperk moet leef nie.


Ek dink byvoorbeeld aan my oupa aan moederskant, wat in 1892 gebore is. Teen die tyd dat hy 25 jaar oud was, het hy reeds twee landwye golwe van finansiële paniek beleef, 'n wêreldoorlog wat só erg was dat dit genoem is: "Die oorlog om alle oorloë te beëindig", asook 'n wêreldwye pandemie.


Teen die tyd dat Oupa Jackson 50 geword het, het die geskiedenis ook nog die Groot Depressie, 'n verskriklike droogte wat gepaard gegaan het met hewige stofstorms en nog 'n wêreldoorlog, bygevoeg. Hy het verder ook die verlies van sy vrou beleef as gevolg van 'n infeksie vyf jaar voordat penisillien algemeen beskikbaar was. Hy is meer as 50 jaar gelede oorlede toe ek nog 'n kind was, maar o, hoe wens ek dat ek hom vir 'n paar insigte oor die lewe en leiding van 'n gesin in "interessante tye" kon vra.


Diegene wat hom beter kan onthou as ek, praat oor sy stille moed. Moed is 'n belangrike eienskap in 'n man wat tydens onstuimige tye leef. God verstaan dit veel beter as wat ons doen, dit is waarom Hy die woorde van vandag se sleutelvers op die vooraand van Moses se dood, aan die Israeliete gespreek het.


Die leier wat hulle geken — en op wie hulle staatgemaak het vir veertig jaar van wonderdade — het sopas vir hulle gesê dat hy gaan sterf. Die Israeliete was haweloos en deur vyandige nasies omring. Hulle bestemming het aan die oorkant van die rivier gelê, maar dit was gevul met versterkte stede en reuse. Hulle het hulself in 'n interessante tyd bevind. Op daardie oomblik gee Moses hulle die opdrag "Hou moed."


Moed is nie iets waarmee jy óf met, óf sonder, gebore word nie. Jy kan moed "hou" — dit beteken reik uit en neem dit vanuit 'n bron. Waar vind jy moed sodat jy daaraan kan vashou? Die antwoord is reg daar in die vers: "Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.” (Deuteronomium 31:6, my beklemtoning)


Hy het gesê dat hulle moed moet hou "want" God sou voor hulle en saam met hulle trek en hulle nie alleen laat nie. Elkeen van hierdie dinge is ook vir jou vandag waar! Jou hemelse Vader is teenwoordig. Hy is almagtig. Hy is getrou.


Gebedsverklaring: Getroue Vader, U het reeds voor my uitgegaan en in my toekoms gewerk om 'n pad deur hierdie "interessante tye" vir my en my geliefdes voor te berei. U is by my en sal my nooit verlaat of in die steek laat nie. Vanuit hierdie waarhede reik ek in geloof uit en "skep" 'n ruim porsie moed. Ek is 'n moedige man, nie as gevolg van enigiets wat ek gedoen het nie, maar slegs as gevolg van die Een wat by my en vir my is.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

7 Days of Meditation and Declarations for Every Son of God

'n Dieper begrip van God se genade sal mans herskep sodat hulle hul identiteit sal vestig op wie hulle werklik in Christus is. In hierdie proses sal hulle toegerus word om die duisternis om hulle te verdryf. “Biddende Ge...

More

Ons wil graag BroadStreet Publishing vir hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://broadstreetpublishing.com/praying-grace-for-men/9781424564163/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid