Leesplan inligting

Hoop vir elke dagVoorbeeld

Hoop vir elke dag

DAG 5 VAN 7

Ja, waarom?

Waarom is ons so mismoedig? vra hierdie psalm. Ons is immers gelowig, ons het God in ons lewe. Waarom vertrou ons nie net meer nie? Ja, ons beleef beide kante: die vrees, maar ook die vertroue – ons wil sterk staan, maar dan hardloop ons gedagtes weer met ons weg.

Dit is so omdat ons in twee realiteite leef: die natuurlike en die bonatuurlike. Ons kan egter daaruit groei. Kyk wat leer hierdie psalm: Ons betrap onsself as ons twyfel en dan stop ons dit. Ons herbevestig dan dat ons op God vertrou, ons Helper, en ons bely dat ons beslis weer ’n loflied sal sing. Gryp in jou eie gedagtewêreld in, stop die onnodige paniekgedagtes en vervang dit met kragtige, positiewe geloofsgedagtes!

Heilige Gees, help my om my gedagtes op God gerig te hou: sterk, gelowig, verwagtend. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Hoop vir elke dag

Soos Dawid in die Psalms, voel ons maar soms so bietjie wanhopig, afgemat en moedeloos. Dan is dit tyd dat ons die Here vra om weer die hoop in ons hart aan te vuur en vir ons nuwe krag te gee! Hierdie sewe kort en inspi...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid