Leesplan inligting

Hoop vir elke dagVoorbeeld

Hoop vir elke dag

DAG 1 VAN 7

My enigste hoop

Soms het Dawid gejuig en ander kere was hy weer swaarmoedig, soos in hierdie psalm. Hier het hy hoop verloor: “Here, waarop kan ek dan hoop?”

Dan kom sy geloofstelling as hy sê dat hy sy enigste hoop in die Here stel. Ons soek te dikwels ons hoop en sin in ons omstandighede. As dinge dan sleg gaan, soos met Dawid, is alles sinloos en hopeloos. Omstandighede gaan altyd op en af. Ons sin en hoop is eerder in die Here, wat ons gemaak het met ’n unieke lewensroeping, wat ons liefhet en wat ons aanmoedig en dra. Die lewe saam met Hom is altyd sinvol en hoopvol, ongeag omstandighede. Met God is daar alle hoop vir jou toekoms!

Hoop van my Lewe, openbaar asseblief Uself en u doel met my lewe weer aan my. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hoop vir elke dag

Soos Dawid in die Psalms, voel ons maar soms so bietjie wanhopig, afgemat en moedeloos. Dan is dit tyd dat ons die Here vra om weer die hoop in ons hart aan te vuur en vir ons nuwe krag te gee! Hierdie sewe kort en inspi...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid