Leesplan inligting

Hoop vir elke dagVoorbeeld

Hoop vir elke dag

DAG 2 VAN 7

God red

Selfs hier in Dawid se donkerste gedagtes is daar ’n ondertoon van geloof, want hy deel daardie donker gedagtes met God. Dis dalk deur sy praat-met-God dat sy geloof gegroei het, want op die laagtepunt breek geloof deur. Nou besef hy sy uitkoms is verseker.

Ons kan die krisis op twee maniere beleef. As ons sonder hoop is, voel dit of God weg is en of alles verlore is. Ons sien net die ergste uitkoms. Dan kan die besef egter weer in ons harte daag dat God steeds die saak onder beheer het, al lyk dinge hoe sleg. Daardie besef verander alles. Dan kry ons hoop – en Bybelse hoop is so ’n vaste en seker saak – en kry ons weer krag.

Here, vuur weer die hoop in my hart aan – gee my weer krag! Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Hoop vir elke dag

Soos Dawid in die Psalms, voel ons maar soms so bietjie wanhopig, afgemat en moedeloos. Dan is dit tyd dat ons die Here vra om weer die hoop in ons hart aan te vuur en vir ons nuwe krag te gee! Hierdie sewe kort en inspi...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid