Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 71 VAN 88

WEEK 5: VREES GOD

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees en oordink Jesaja 40:9-10; Jesaja 41:13-14; Jesaja 43:1, 5; Jesaja 44:2, 8; Jesaja 51:7; Jesaja 54:4.

OORDINK
Die lewe is nie maklik nie, maar hierdie lewe is nie die fokus nie. Ons moet hierdie lewe leef in ooreenstemming met die soort lewe waarvoor ons uiteindelik geskep is! Ons sal vir ewig lewe. Ons verdien God se wraak en die dood. Ons verdien verbanning en veroordeling. Ons verdien die hel en marteling. Wat het God egter aan ons in Christus gegee? Hoe groot is die genade en barmhartigheid wat uitgestort is? Dus, watter soort lewe wil ons leef? Een waarin alles oor die self gaan – wat sý dink, wat sý wil hê en wat sý begeer? Of een waarin alles oor God gaan – wat Hý dink, wat Hý wil hê, en wat Hý begeer? Sy weë is nie ons weë nie, en ons moet ons eie weë heeltemal verwerp om volgens sy weë te kan lewe. Net Hy kan dit in ons harte bewerkstellig. Sal jy Hom vra om dit te doen? Sal jy Hom vra om sy koninkryk in jou hart, gedagtes en lewe te laat heers? Sal jy vir sy koninkryk leef, sal jy sy koninkryk verkondig en sal jy gewillig wees om vir sy koninkryk te sterf?

RIG JOU HART
Dink biddend na oor Galasiërs 2:19, 20 en probeer dit dan uit jou kop uit opsê.

Galasiërs 2:19-20
"... ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê."

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org