Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Week 5: VREES GOD
DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Josua 4:19-24.
Watter groot dade het die Here voor jou oë gedoen? Watter groot dade het Hy in sy Woord opgeteken? Dink aan drie voorbeelde uit jou lewe en, as jy God se Woord ken, dink ook aan drie groot dade van God wat in die Bybel opgeteken is.
WANDEL IN WAARHEID
Wat moet jy doen om jou te help om die groot en magtige dade van die Here te onthou? Toe hy Goliat tegemoet gegaan het, het Dawid onthou hoe God vir Hom teen die leeu en die beer geveg het. Dis goed om groot oorwinnings saam met God op te teken en hulle op die een of ander manier te stoor. Bêre dit in jou hart en skryf dit miskien later in jou Bybel neer. Miskien kan jy 'n foto raam wat jou herinner aan hoe God kragtig om jou onthalwe in die verlede ingetree het. Wees baie doelbewus. Deel hierdie dade by 'n gesinsete of tydens middagete met 'n vriendin. Bewaar dit voortdurend in jou hart en gedagtes. Deel en onthou hierdie gebeure dikwels.
RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.
Galasiërs 2:19-20
"... ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê."

Aangaande hierdie leesplan

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org