Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 49 VAN 88

WEEK 4: KLIM DIE BERG OP

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Matteus 6:7-13.

Bid die Onse Vader-gebed en terwyl jy bid, dink aan wat jy die afgelope paar weke geleer het. Wat het die Here aan jou in sy Woord geopenbaar? Wat is Hy besig om aan jou bekend te maak?

WANDEL IN WAARHEID
Waar is jou Vader? Leef jy asof Hy jou Vader is? Jou geliefde? Jou ALLES in ALLES, wie se Naam bo alles verhoog en geëer moet word? Hoe dikwels wil mense vir hulleself roem verwerf? Van wie se koninkryk moet ons deel wees? Wie se wil moet ons gedurende die dag uitvoer – ons s'n of God s'n? Wat moet jy aanpas om hierdie gebed (die Onse Vader-gebed) eerlik te bid? Lees of bid die Here se gebed hardop.

RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.

Deuteronomium 6:4-6
"Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly."

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org