Leesplan inligting

Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met GodVoorbeeld

Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met God

DAG 8 VAN 14

“Wees ’n vredemaker” Wanneer hy die koms van die Messias voorspel, sê Sagaria dat die kind wat gebore sal word soos die môreson sal opgaan om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe en ons voetstappe op die pad van vrede sal rig (Luk. 1:79). Wanneer Jesus 33 jaar later na dié voorspelling teruggaan na sy Vader toe, beloof Hy vir sy dissipels om sy vrede vir hulle agter te laat: “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie” (Joh. 14:27, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Mense wat met Jesus se vrede in hulle harte lewe, is gelukkig, want hulle het nie deel aan die onrus en onvrede wat die wêreld kenmerk nie; hulle kry dit ook reg om vreesloos te lewe. Maar Jesus vra méér van jou as om net ’n ontvanger van sy vrede te wees. Dit is sy wil dat jy vrede in die lewe van ander sal bewerk. “Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word,” belowe Hy in sy Bergrede (Matt. 5:9, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Wees dus fyn ingestel op die gemoedstoestand van die mense om jou en wees bereid om vrede te maak as daar onderonsies opduik, want vredemakers is gelukkige mense. GEBED: Hemelse Vader, dankie dat ek u vrede en gemoedsrus in my lewe kan hê. Maak my ’n vredemaker sodat ek ook die geskille tussen ander mense sal kan oplos. Amen. Hierdie oordenking is geneem uit BLOEISELS VAN HOOP deur Nina Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met God

Om werklik gelukkig te wees en met blydskap te leef, is waarna elkeen van ons streef. Wanneer ons God se leiding vir ons lewe aanvaar, sy gebooie gehoorsaam en die regte keuses binne sy plan vir ons maak, kan ons geluk e...

More

Ons wil graag Nina Smit / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid