Leesplan inligting

Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met GodVoorbeeld

Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met God

DAG 12 VAN 14

“Geniet jou lewe” Die Prediker was iemand wat geweet het hoe om die lewe voluit te geniet. Daarom raai hy alle ánder mense aan om die lewe te geniet met die vrou (of man) wat hulle liefhet. Niemand van ons weet hoe lank ons nog op die ondermaanse gaan wees nie – geniet dus elke oomblik van jou lewe en maak die meeste daarvan. Moenie vergeet om pret te hê nie. ’n Mens kan self baie doen om seker te maak dat jy gelukkig is deur dié dinge te doen wat vir jou lekker en bevredigend is. Daar is min dinge wat my so gelukkig maak as om ’n nuwe boek van een van my gunsteling skrywers in die biblioteek te ontdek; of nog beter: Om so ’n boek te koop sodat ek dit vir die res van my lewe op my boekrak het om te lees net wanneer ek daarvoor lus kry. Nog dinge wat my gelukkig maak, is om iets te skryf wat van die begin af maklik vloei, om met my man te gesels, om saam met my kinders en kleinkinders te kuier en natuurlik om te reis en lekker te eet! Volgens David Niven het mense wat pret het, ’n 20%-kans om gelukkiger te wees as ander. Besluit dus sommer nou om in die vervolg meer tyd af te staan aan dié dinge wat vir jóú pret verskaf en jou gelukkig maak. GEBED: Here, ek loof U vir u goedheid vir my – daar is soveel dinge wat vir my lekker is en wat my lewe die moeite werd maak. Dankie vir elkeen van hulle. Amen. Hierdie oordenking is geneem uit BLOEISELS VAN HOOP deur Nina Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met God

Om werklik gelukkig te wees en met blydskap te leef, is waarna elkeen van ons streef. Wanneer ons God se leiding vir ons lewe aanvaar, sy gebooie gehoorsaam en die regte keuses binne sy plan vir ons maak, kan ons geluk e...

More

Ons wil graag Nina Smit / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid