Leesplan inligting

Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met GodVoorbeeld

Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met God

DAG 1 VAN 14

“Stel God eerste” Ek het Spreuke 3:6 van kleins af uit my kop geken. In die Bybel in Afrikaans 1933/1953 het dit gelui: “Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.” Die LIVING BIBLE van Tyndale House se vertaling lees as volg: “In everything you do, put God first, and He will direct you and crown your efforts with success.” Spreuke 3:5-6 is inderdaad die heel beste resep ooit as jy in die jaar wat voor jou lê gelukkig wil wees en sukses wil behaal. Indien jy bereid is om God in alles eerste te stel en altyd na sy wil te vra én dit te gehoorsaam, belowe Hy om jou lewenspad gelyk te maak, jou sake te bestuur en jou te seën. God is ’n jaloerse God, staan daar aan die begin van die Tien Gebooie. Hy verdra dit nie dat sy kinders ander gode naas Hom aanbid nie, maar dring aan op die liefde en lojaliteit van sy kinders. Vandag is daar baie ánder dinge wat vir ons byna belangriker as God is, waaraan ons meer tyd en geld bestee as aan God se koninkryk. Dink ’n slag presies wát daardie dinge vir jou is. Neem dan ’n wilsbesluit dat al hierdie dinge vanjaar tweede gaan kom sodat God eerste in jou lewe sal wees. Dan kan jy seker wees dat God jou sal seën en sal jy gelukkig wees! GEBED: Vader, vanjaar wil ek in alle ding eers na U wil vra, en U heel eerste stel. Dankie vir die belofte dat U my dan op die regte pad sal lei. Amen. Hierdie oordenking is geneem uit BLOEISELS VAN HOOP deur Nina Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met God

Om werklik gelukkig te wees en met blydskap te leef, is waarna elkeen van ons streef. Wanneer ons God se leiding vir ons lewe aanvaar, sy gebooie gehoorsaam en die regte keuses binne sy plan vir ons maak, kan ons geluk e...

More

Ons wil graag Nina Smit / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid