Leesplan inligting

Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met GodVoorbeeld

Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met God

DAG 5 VAN 14

“Die Bron van jou blydskap” David Niven se THE 100 SIMPLE SECRETS OF HAPPY PEOPLE bevat dosyne stories oor gelukkige mense en wenke hoe om werklik gelukkig te wees. Alhoewel Niven baie blydskapgeheime in sy boek noem, wil ek tog begin met ’n “geheim” wat nié in sy boek is nie: As God nie die Bron van jou blydskap is nie, sal jy nooit werklik weet wat ware blydskap is nie. Net as jy aan Hom behoort, sal jy onvoorwaardelike blydskap in jou lewe kan ervaar, want sonder Hom kan daar nie sprake wees van werklike blydskap nie. Met Jesus as die hoofbron van jou blydskap is dit moontlik om élke dag met blydskap tegemoet te gaan en elke krisis wat oor jou lewenspad kom met blydskap op te los. Met God as die bron van jou vreugde sal jy dit kan regkry om met blydskap te leef, ook al kan ánder mense niks in jou omstandighede sien waarom jy bly behoort te wees nie. Die vreugde wat God gee, staan heeltemal los van alle ander dinge, dis ’n vreugde ten spyte van. Ten spyte van jou negatiewe omstandighede sal jy dit steeds kan regkry om van vreugde te borrel omdat jóú blydskap nie van jou fisiese omstandighede afhang nie, maar ’n Persoon is met wie jy in ’n lewende verhouding staan. GEBED: Here Jesus, ek loof U as die Bron van my vreugde wat dit vir my moontlik maak om in álle omstandighede bly te wees. Dankie dat U vir my versoening met God bewerk het. Amen. Hierdie oordenking is geneem uit BLOEISELS VAN HOOP deur Nina Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met God

Om werklik gelukkig te wees en met blydskap te leef, is waarna elkeen van ons streef. Wanneer ons God se leiding vir ons lewe aanvaar, sy gebooie gehoorsaam en die regte keuses binne sy plan vir ons maak, kan ons geluk e...

More

Ons wil graag Nina Smit / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid