Leesplan inligting

Praat Met God In GebedVoorbeeld

Talking With God In Prayer

DAG 4 VAN 4

HUNKER NA GOD



PRAAT MET GOD

Sê vir God dankie dat Hy jou liefhet en dat Hy wil hê jy moet leer om in gebed met Hom gesels. Vra vir God om jou te leer hoe om te bid.



KOM ONS BEGIN

Maak drie stelle kaarte en skryf die volgende woorde/frases daarop: ouma en oupa, beste vriend, jou pastoor, kassiere en 'n buurman se neef. Pak die eerste stel kaarte uit, met die persoon met wie jy die meeste praat bo en die een met wie jy die minste praat onder. Rangskik die tweede stel kaarte in volgorde, met die persoon by wie jy die meeste wil kuier bo. Pak die derde stel kaarte langsaan die ander twee stelle. Die persoon wat jy die meeste mis moet nou bo wees. Vergelyk die volgorde van die drie stelle met mekaar.



KOM ONS DELF DIEPER

As ons bid, praat ons met God. Hy is lief vir jou en wil vir jou die beste gee. Jy mis iemand vir wie jy lief is, as hy of sy weg van jou af is. Net so mis jou gees vir God as jy nie tyd maak om met Hom te praat nie. Die Bybel sê dikwels dat hierdie verlange na God soos 'n dors of honger is. Lees Psalm 42:2: "Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?" Jy kan in gebed na God toe gaan en Hom vind, net soos die bok water in 'n stroom vind as hy dors is.



GESELS MET MEKAAR

- Waaraan dink jy as jy honger of dors is?

- Op watter manier is dit dieselfde om by God te wees as wat dit is om by iemand te wees vir wie jy lief is? Op watter manier is dit anders?

- Hoe sal jy weet as jou gees dors na God?
Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Talking With God In Prayer

'n Gesin se lewe kan baie besig wees en ons maak nie altyd tyd om te bid nie — ons onthou nie eens om ons kinders te help om 'n gewoonte daarvan te maak om God deel te maak van hulle dag nie. In hierdie leesplan gaan jou...

More

Baie dankie aan "Focus on the Family" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.FocusontheFamily.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid