Leesplan inligting

Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld

The Magic Of Christmas

DAG 3 VAN 25

"Christus: Dis Nie 'n Van Nie"



Voornaam. Van. In die Westerse samelewing is ons gewoond daaraan om iemand se naam so te skryf.



Terwyl ons Kersfees nader, is dit belangrik om kennis te neem dat Jesus se ouers nie Maria en Josef Christus was nie. Tot die ergernis van my kinders (wat my so dikwels gevra het), is Christus nie Jesus se van nie. Christus is net so 'n belangrike deel van sy Naam—Sy unieke Naam.



Jesus was ten volle mens—'n mens met emosies, eetlus en behoeftes, net soos ons. Indien jy ooit gefrustreerd was in jou probeerslae om in 'n verhouding met God te kom, weet dan dat Hy geweldig baie moeite gedoen het om in 'n verhouding met jou te kom. Jesus van Nasaret was en is God se mees deernisvolle offerande.



Christus is egter net so belangrik. Die woord "Christus" het sy oorsprong uit die Griekse woord "Christos," wat die "uitverkiesde een" of "gesalfde een" beteken. Herhaalde kere is daar in die Ou Testament gesinspeel op die koms van 'n Messias of Christus, wat nie deur 'n aardse koning gesalf sou word nie. In plaas daarvan, sou hierdie een deur die hemelse Koning gesalf word en dus die Christus wees.



In 1 Kronieke 17:11-14 lees ons dat hierdie Christus oor wie geprofeteer is, van God sou kom om "sy koninkryk te vestig" en "sy troon blywend te vestig."



Volgens Jesaja 9:5, sal Hy genoem word: "Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors." Alhoewel Hy nie gekom het soos ons sou dink nie, het Hy wel gekom. In liefde, toegevou in doeke, het hy opgedaag.



Teen die tyd dat Hy 'n man was, het hy sommige genooi om Hom te volg. Hy nooi ook vir ons. In Johannes 1:41 stel Andreas, een van Sy eerste volgelinge, dit so treffend:



"Ons het die Messias gekry!" (Messias beteken Christus).



Terwyl ons op Kersfees wag, onthou dat ons nie bloot wag om die geboorte van 'n baba te vier nie. Ons vier die Christus, die vervulling van God se belofte, die versekering dat God se Woord waar is, en die sekerheid dat Hy nog steeds vertrou kan word. Dank God vandag vir Jesus, die mens, en Christus, die Redder wat God gestuur het. Per slot van rekening, soos Andreas gesê het, ons het die Messias (dit is, Christus) gevind!



Clay Scroggins

Hoof Pastoor

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Magic Of Christmas

Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van iets of iemand wat verloor is. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit ...

More

Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoing.org vir nog inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid