Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld

The Magic Of Christmas

DAG 2 VAN 25

"Plan B"

Ek hou van dagdroom en ek is gek na nuwe idees. My hart klop sommer vinniger wanneer ek wonder oor wat kan wees. Ek kan vir ure (of selfs dae!) peins oor wat die beste manier sou wees om iets te bewerkstellg en te wonder oor "as ..." In die tye wat ek regtig groot droom, word ek dikwels in die nag wakker om my idees neer te skryf. Ek kan nie wag dat my man moet wakker word sodat ek my planne met hom kan deel nie. (Soms pla ek hom moedswillig, in die hoop dat hy vroeg sal wakker word ... my arme man.) So baie as wat ek van dagdroom hou, is ek egter nog meer opgewonde om te sien hoe my visie vorm aanneem.

Enkele jare gelede was ek in beheer van 'n groot opknappingsprojek. Ek het 'n begroting en plan opgestel, 'n span gehuur en met die uitvoering daarvan begin. Ek kon nie wag nie! In die daaropvolgende weke, het egter plaasgevind wat dikwels met groot planne gebeur. Dit was nie onfeilbaar nie. Onverwagte probleme het opgeduik wat opgelos moes word, daar was struikelblokke om te oorkom en kostes het die knap haarfyn beplande begroting oorskry. Die plan moes hersien word; ek het 'n Plan B nodig gehad.

Ek is nie gewoonlik 'n voorstander van 'n Plan B nie. Vir my is die skuif na 'n alternatiewe plan 'n teken van mislukking. Ek was egter nie van die begin af goed voorbereid nie. Dit herinner my aan die onvoorspelbare aard van die lewe.

Wanneer ek soms oor al die hoekoms nadink, wonder ek oor God se plan. Wat was sy oorspronklike gedagte? Het Hy ook 'n meesterplan in plek gehad wat nie heeltemal reg uitgewerk het nie? Het Hy 'n wêreld geskape waar die mensdom vir altyd gelukkig in die tuin kon woon, maar wat skeefgeloop het? Was Jesus God se tweede keuse; sy Plan B?

Gedurende hierdie Kersfeestyd, terwyl liggies in my huis skitter en ek my perfek-gebakte koekies versier, sal ek ook die geboorte van my Verlosser vier. Hierdie klein Babatjie, gebore uit 'n maagd in die stad Betlehem, was die tere onthulling van God se volmaakte meesterplan. Die mensdom se verlossing was nie 'n nagedagte of regstelling van 'n plan wat verkeerd geloop het nie. Jesus was altyd God se volmaakte en liefdevolle oplossing. Hierdie Baba is die bril waardeur God na my kyk. Dié Baba was nooit 'n Plan B nie.

Rhonda Hinrichs
Guest Services

Aangaande hierdie leesplan

The Magic Of Christmas

Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van verlies aan iets of iemand. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die Kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.

More

Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoint.org vir nog inligting