Leesplan inligting

God se VredeVoorbeeld

God's Peace

DAG 1 VAN 4

VREDE IN VEILIGHEID



PRAAT MET GOD

Watter dinge hou julle elke dag veilig? Om veilig te wees gee 'n gevoel van vrede. Dank God vir dinge wat julle veilig hou — veiligheidsgordels, slotte aan deure, ouers, polisie, brandbestryders en selfs rook alarms.



KOM ONS BEGIN

Wie of wat mag raas wanneer jy jou roosterbrood of pap verbrand? (jy, jou ma of pa en die rook alarm)



KOM ONS DELF DIEPER

In die ou dae is mense gewaarsku dat daar 'n brand is wanneer iemand 'n hout ratel in die straat geswaai het. Mense wat geslaap het, het dikwels nie die ratel gehoor nie. Nuwe huise en ander geboue het klein plastiek boksies wat met batterye werk, wat jou waarsku wanneer daar 'n brand is. Jy kan rustig slaap sonder om bekommerd te wees dat jy nie die ratel in die straat sal hoor nie. God gee jou selfs 'n beter vorm van vrede wat jou help om te alle tye veilig te voel. Jesus sê in Johannes 14:27: "Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie."



KOM ONS GESELS

- Waarvoor is julle bang?

- Wanneer julle bang is, hoe kan julle onthou dat God julle vrede wil gee?

- Hoe kan julle vandag meer van God se vrede ervaar?
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

God's Peace

Die Woord van God belowe vrede "wat alle verstand te bowe gaan" (Filippense 4:7). In hierdie 4-dag leesplan kan jy en jou kinders die areas in julle lewens, waar julle vrede kan ervaar, van nader bekyk. Elke dag sluit 'n...

More

We would like to thank Focus on the Family for providing this plan. For more information, please visit: www.FocusontheFamily.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid