Leesplan inligting

Jesus Se Woorde Vir Elke DagVoorbeeld

Jesus Se Woorde Vir Elke Dag

DAG 7 VAN 7

Vergewe, asseblief

Sien die vrou by die put daar by Sigar wanneer sy water skep in skuld, te bang vir ander mense omdat almal haar verwerp het en aankla oor haar lelike en sondige lewe. Hoor hoe bitterlik Petrus huil wanneer hy sy Here Jesus teleurstel en die haan hoor kraai. Sien vir Judas waar hy aan daardie boom hang omdat die skuld van sy oortreding teenoor die Verlosser van hierdie wêreld vir hom te veel geword het.

Ons almal leef met skuld oor ons sonde. Die Bybel sê daar is nie een wat goed doen nie. Daar is nie een mens wat die regte pad loop nie. Ons almal maak foute en ons almal oortree die wet van die Here. Daar is geen mens wat nie rooi van skaamte kan word as hy terugdink aan foute en sondes van die verlede nie. Ons almal ken dit. Juis daarom is die wonderlike blye boodskap van Jesus Christus vir ons die enigste ware uitkoms uit skuld. Daar is vergifnis vir my en jou skuld. Jesus het dit vir ons moontlik gemaak. Hy het immers die prys aan die kruis op Golgota vir ons skuld betaal.

Hierdie is die hart van die evangelie: “As ons ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is” (1 Johannes 1:9). En dit is wat Jesus ons leer. Doen dit nou en kom vry uit jou sondeskuld.

Hierdie oordenkings is saamgestel uit JESUS SE WOORDE VIR ELKE DAG deur Jan de Wet © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Se Woorde Vir Elke Dag

Dis nie aldag maklik om in God se lig te leef nie. Ons moet tyd maak om sy woorde binne-in ons te hoor en te laat weerklink: woorde van aanmoediging, woorde wat wys op die doel van ons lewe, naamlik om Hom te volg en te ...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid