Leesplan inligting

Jesus Se Woorde Vir Elke DagVoorbeeld

Jesus Se Woorde Vir Elke Dag

DAG 5 VAN 7

Sagte harte

Nadat ’n man ’n aantal misstappe in sy huwelik begaan het, gooi sy huweliksmaat hom uit die huis uit. Hy gaan soek raad, toon opregte berou en besluit ná terapie om ’n nuwe begin te maak. Daar is net een probleem: Sy vrou glo hom nie meer nie. Hy gaan herhaaldelik terug na haar toe: Klop aan die deur, bel gereeld, stuur SMS’e en laat selfs die terapeut bel. Sy vrou het egter haar hart toegesluit. Haar hart het hard geword. Die deur is gesluit en sy wil hom nie meer daar binne toelaat nie.

Die Here Jesus spesialiseer in harde harte. Seerkry van die verlede kan ons verhard, maar so ook sonde. Tog kom die hartspesialis van Nasaret en bied ons sy hulp aan. Hy herinner ons aan die ou prediker Esegiël wat God se begeerte vir sy mense uitspreek: “Ek sal hulle harte verander en hulle gees nuut maak. Ek sal die harte van klip wegneem en vir hulle sagte harte in die plek daarvan gee” (Esegiël 11:19). God wil ons van harde harte bevry. Onder die invloed van sy Heilige Gees verander ons mettertyd in ’n sagmoedige mens.

Laat God toe om jou harde hart sag te maak; dan sal jy die nuwe aarde ontvang. Jy sal bekend staan as God se mens. Wees vol vergifnis en begrip vir ander se swakhede. Laat Jesus toe om die seer van die verlede, wat die hardheid in jou gebring het, te genees sodat jy met ’n nuwe sagmoedigheid en vrede kan optree. En ontvang só die nuwe aarde …

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Se Woorde Vir Elke Dag

Dis nie aldag maklik om in God se lig te leef nie. Ons moet tyd maak om sy woorde binne-in ons te hoor en te laat weerklink: woorde van aanmoediging, woorde wat wys op die doel van ons lewe, naamlik om Hom te volg en te ...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid