Leesplan inligting

Jesus Se Woorde Vir Elke DagVoorbeeld

Jesus Se Woorde Vir Elke Dag

DAG 4 VAN 7

Lewende dooies

As Jesus aan die gemeente van Sardis skryf, is sy woorde nie baie vleiend nie. Hy sê hulle is vas aan die slaap. Dit lyk of hulle nog lewe, maar hulle is eintlik dood.

Wat ’n vreeslike uitspraak as Jesus met mense praat wat die naam het dat hulle lewende Christene is, maar alles dui daarop dat hulle geestelik dood is! Jesus sê hulle moet dink aan hoe hulle die evangelie ontvang het en hoe hulle aanvanklik daarna geluister het. Êrens langs die pad het hulle dit egter laat vaar en ophou luister na dit wat Hy gesê het. Hy moedig hulle nou aan om vol te hou met die blye boodskap en om weg te draai van hulle verkeerde weë. Hy sê dat hulle wat aan die slaap is, wakker moet word en moet herstel wat nog by hulle oorgebly het, wat op die drumpel van die dood is (Openbaring 3:2).

Hierdie woorde is nie veronderstel om ons moedeloos of bang te maak oor ons verhouding met Christus nie. Nee, dit is eerder bedoel om ons aan te moedig om ons eie hart te ondersoek en seker te maak dat ons nie aan die slaap is oor geestelike dinge nie. Ons moenie lewende dooies wees wat die naam het dat ons Christene is wat lewe, en tog van binne dood is nie. Kom ons ondersoek ons hart en stel ons saak met God reg.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Se Woorde Vir Elke Dag

Dis nie aldag maklik om in God se lig te leef nie. Ons moet tyd maak om sy woorde binne-in ons te hoor en te laat weerklink: woorde van aanmoediging, woorde wat wys op die doel van ons lewe, naamlik om Hom te volg en te ...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid