Leesplan inligting

Jesus Se Woorde Vir Elke DagVoorbeeld

Jesus Se Woorde Vir Elke Dag

DAG 6 VAN 7

Hy weet alles

God weet alles van ons lewe af. Hy ken al die omstandighede waarin ons ons bevind. Hy weet ook wat sy plan met ons lewe is en vra gehoorsaamheid van ons; om plooibaar te wees in sy hand sodat ons daardie plan kan uitvoer.

’n Rukkie nadat Paulus tot bekering gekom het, het hy na Jerusalem toe teruggegaan. Terwyl hy by die tempel besig was om te bid, het hy ’n baie besondere geestelike ervaring gehad. Hy is in sy gees weggevoer na ’n ander dimensie, en hy het die Here gesien, wat skielik met hom begin praat het. Jesus het gesê dat hy gou moet maak en dat hy dadelik uit Jerusalem moet weggaan. Die rede was dat die mense in Jerusalem nie sou aanvaar wat hy oor Jesus getuig nie. Paulus het toe geantwoord dat hy dit verstaan, want die mense het mos geweet dat hy die man is wat oral in die sinagoges die Christene laat vang en laat slaan het. Hy was by toe Stefanus gestenig is. Hy het dit mos goedgekeur en Stefanus se moordenaars se klere opgepas.

Het jy ook al ervaar hoe die Here jou in jou gees waarsku voordat gevaar jou tref of iets moeiliks met jou gebeur? God weet alles en Hy deel sy planne met sy geliefde kinders. As jy sensitief is vir die leiding van die Heilige Gees, sal jy weet dat die Here jou vir sekere dinge voorberei. Ek self kan getuig dat dit soveel keer in my lewe gebeur het dat ek reeds in my gees voorberei was vir iets moeiliks, veral as dit te doen het met ons bedieningswerk. Romeine 8:14 sê mos dat die kinders van God deur die Heilige Gees gelei word.

Ons God word nooit onkant gevang deur omstandighede nie, maar weet lank voor die tyd reeds wat oor ons lewenspad sal kom. Wanneer ons getrou en gehoorsaam is, lei Hy ons, berei ons voor en gee vir ons sy opdragte en wysheid sodat ons weet hoe om in so ’n situasie op te tree.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Se Woorde Vir Elke Dag

Dis nie aldag maklik om in God se lig te leef nie. Ons moet tyd maak om sy woorde binne-in ons te hoor en te laat weerklink: woorde van aanmoediging, woorde wat wys op die doel van ons lewe, naamlik om Hom te volg en te ...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid