Leesplan inligting

21 dae na 'n Oorvloedige LeweVoorbeeld

21 Days to Overflow

DAG 12 VAN 21

Bly In Die Liefde Van God

Gister het ons vir God gevra om ons liefde vir Hom en vir ander te vermeerder. Vandag gaan ons leer hoe om in hierdie vermeerderde liefde te bly.


Om te bly, beteken om in te woon, op dieselfde manier as wat ons in ons huise woon. Dit is die plek waar ons bly. Om in liefde te bly, beteken dat ons gevind kan word in liefde. Wanneer ons gevind moet word, kan ons in liefde gevind word, as ons in liefde bly. Ons lees in die vyftiende hoofstuk van die evangelie van Johannes soveel kragtige waarhede oor hoe dit lyk om in die liefde te bly.


Johannes 15:7-9 praat oor die krag daarvan om in God se liefde te bly. Dit sê wanneer ons in Hom bly en sy Woord in ons bly, kan ons vra wat ons ook al wil en dit sal aan ons gegee word. Hy doen dit tot sy eer! Hy hou daarvan om sy kinders voorspoedig te sien as bewys van sy krag, genade en barmhartigheid.


In Johannes 15:26 praat dit oor die werk van die Heilige Gees. Deur ons tekortkominge en ontoereikendheid getuig die Heilige Gees van die goedheid van God. Deur God se voltooiing van ons en aanvaarding van ons onvolmaakte self, bring ons eer aan Hom.


Wanneer ons in sy liefde bly, kom die Heilige Gees en vergesel ons, en vul ons oorvloedig. Voordat ons dit weet, werk die liefde van God ín ons en déúr ons op so 'n manier dat die dinge wat ons vroeër laat struikel het, ons wakker gehou het, ons teruggehou en ons laat haat het, nie meer in staat is om ons enige daarvan te laat doen nie. Ons word onoorwinlik wanneer ons in liefde bly.


Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

21 Days to Overflow

In die 21 Dae tot 'n Oorvloedige Lewe YouVersion leesplan, sal Jeremiah Hosford lesers op 'n 3 weke reis neem om hulself van hulself leeg te maak, met die Heilige Gees vervul te word en 'n oorvloedige, Geesvervulde lewe ...

More

Ons wil graag vir Four Rivers Media bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.theartofleadership.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid