Leesplan inligting

21 dae na 'n Oorvloedige LeweVoorbeeld

21 Days to Overflow

DAG 1 VAN 21

Wêreldsgesindheid

Ons begin hierdie reis deur ons van onsself leeg te maak. Die Bybel sê vir ons, as volgelinge van Christus, diegene wat met die bloed van Jesus gekoop is, wat met die Gees vervul is, dat ons nie die dinge van hierdie wêreld moet liefhê nie. Ek weet dit is in skrille kontras met baie van die dinge wat vandag geleer word, maar ons moet weet dat ons, as volgelinge van Christus, onsself moet verloën, ons kruis moet opneem en Jesus moet volg.


Die apostel Paulus sê vir ons in Romeine 12 dat ons nie aan die voorbeeld van hierdie wêreld gelykvormig moet word nie, maar ons moet verander word deur die vernuwing van ons denke, sodat ons die goeie, aanneemlike en volmaakte wil van God kan beproef. Hierdie woord, vernuwing, kom van die Griekse woord, anakainosis, wat beteken om op te knap. In hierdie konteks beteken dit dat ons ontslae moet raak van al ons ou wêreldse maniere van dink, optree en leef, en dit moet begin vervang met die dinge van God.


1 Johannes 2:15-20 gee 'n paar streng waarskuwings aan diegene wat die wêreld liefhet, wat die gevolge sal wees en wat dit werklik beteken. Dit sê as iemand die wêreld liefhet, die liefde van die Vader nie in hom/haar is nie. Dit spreek ook van die tydelikheid van die wêreld en sy begeertes. Maar die wat die wil van God doen, leef vir ewig.


Terwyl ons hierdie 21-dae leesplan begin, moet ons daarna streef om van ons liefde vir die wêreld ontslae te raak. Ons kan nie twee gode dien nie — ons moet God of die wêreld kies. Sodra ons God kies, moet ons ontslae raak van die goddelose liefde wat nog in ons harte kan woon.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

21 Days to Overflow

In die 21 Dae tot 'n Oorvloedige Lewe YouVersion leesplan, sal Jeremiah Hosford lesers op 'n 3 weke reis neem om hulself van hulself leeg te maak, met die Heilige Gees vervul te word en 'n oorvloedige, Geesvervulde lewe ...

More

Ons wil graag vir Four Rivers Media bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.theartofleadership.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid