Leesplan inligting

21 dae na 'n Oorvloedige LeweVoorbeeld

21 Days to Overflow

DAG 11 VAN 21

Vermeerder My Liefde Vir God

In Lukas 10:25-37 pak Jesus twee kwessies aan. Hy voeg nie net elke gebod en profesie in twee dinge saam nie, Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel, met al jou krag en met jou hele verstand; en jou naaste soos jouself, maar Hy bind ook liefde vir God en liefde vir mense saam. Jesus wys aan die vraesteller uit wat die Bybel al die tyd aan ons uitgewys het: hoe meer ons God liefhet, hoe meer sal ons mense liefhê. Hoe meer ons barmhartigheid aan mense betoon, hoe meer demonstreer ons hoe lief ons God het. Ons kan nooit vol van die Heilige Gees wees en nalaat om in liefde te wandel nie.


As ons mense haat as gevolg van hulle ras, hulle etnisiteit, wat hulle aan ons gedoen het, of wat hulle oor ons gesê het, sê die Bybel vir ons dat ons moordenaars is. Ons weet dat moordenaars geen plek in die koninkryk van God het nie. As ons in die Gees wil wandel, moet ons in liefde wandel. Onthou, al die gebooie hang van liefde af.


Kom ons kyk weer na 1 Johannes 2:15-17, wat ons vroeër in hierdie leesplan gelees het. Dit praat oor diegene wat God liefhet en diegene wat die wêreld liefhet. Let daarop dat daar twee afsonderlike kategorieë is. Die gedeelte maak dit duidelik dat diegene wat liefde vir die wêreld en sy vlugtige plesier koester, nie die liefde van die Vader in hulle het nie.


Laastens is Johannes 14:21 geskryf om ons te leer hoe om ons liefde aan God te wys – deur sy gebooie te onderhou. Wanneer ons sy gebooie onderhou, wys ons Hom dat ons Hom respekteer, vrees en uiteindelik liefhet.


Terwyl aanbidding belangrik is, is om God lief te hê meer as om sy naam op Sondagoggende te aanbid. Ons moet sy gebooie volg, ons moet die dinge liefhê wat Hy liefhet, en ons moet liefde aan mekaar bewys.


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

21 Days to Overflow

In die 21 Dae tot 'n Oorvloedige Lewe YouVersion leesplan, sal Jeremiah Hosford lesers op 'n 3 weke reis neem om hulself van hulself leeg te maak, met die Heilige Gees vervul te word en 'n oorvloedige, Geesvervulde lewe ...

More

Ons wil graag vir Four Rivers Media bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.theartofleadership.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid