Die Sewe Rolle Van Die Heilige GeesVoorbeeld

The Seven Roles Of The Holy Spirit

DAG 6 VAN 7

Die Heilige Gees Is Ons Trooster

Voordat Jesus gekruisig is, het Hy baie tyd saam met sy dissipels deurgebring en sy hart oopgemaak om baie dinge aan hulle te vertel. Gedurende sy laaste kritiese ure saam met sy hegte volgelinge, wat Hy "vriende" genoem het, het Hy baie oor die Heilige Gees gepraat. Hy wou hê dat sy dissipels moes weet dat hulle nie alleen sou wees nie, selfs al moes Hy van hulle af weggaan.

Jesus het vir hulle in Johannes 14:16-18 gesê: "Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe."

Nadat Jesus uit die dood opgewek is, en sy neerslagtige dissipels saam in 'n huis agter geslote deure was, het Jesus aan hulle verskyn. Nadat Hy hulle sy deurboorde hande en die wond in sy sy gewys het, het Hy op hulle geblaas en gesê: "Ontvang die Heilige Gees" (Johannes 20:22).

Ons dink dikwels dat die Gees vir die eerste keer op Pinksterdag uitgestort is, maar daardie ervaring was die dissipels se tweede ontmoeting met die Gees. Hulle eerste bekendstelling het op die Sondagaand van die opstanding plaasgevind. Die Helper het gekom, net soos Jesus belowe het!

Ons het 'n wonderlike geskenk ontvang. Toe die Gees gekom het om in jou te woon, het Hy die ewige lewe van God saamgebring. Hy gee vir jou die ware hemelse asem. Hy deurtrek jou met God se teenwoordigheid. Meer as dit egter, Hy maak sy ewige verblyf in jou sodat jy nooit alleen sal voel nie. Christene kan letterlik die teenwoordigheid van die Heilige Gees binne-in hulle aanvoel, en soos ons in geloof groei, leer ons om sy vertroostende stem te kan hoor.

Ek het al geleer om die teenwoordigheid van die Helper werklik te waardeer, veral wanneer ek deur moeilike tye van beproewing, mismoedigheid of stryd gaan. Die Gees ondersteun my met bonatuurlike krag en hoop. Wanneer ek droefheid ervaar, beur die Gees my op; wanneer ek sleg behandel of vervolg word, gee Hy my wonderbare genade om te volhard; wanneer ek beskuldig of verkeerd verstaan word, stry Hy die geveg vir my; wanneer ek 'n fout maak en myself wil skop, lig Hy my kop op en meng Hy sagte regstelling met bemoediging; wanneer ek wanhopig is, herinner Hy my aan God se beloftes. Hy wil dieselfde vir jou doen.

Aangaande hierdie leesplan

The Seven Roles Of The Holy Spirit

In hierdie 7-dag leesplan wat op die boek "Set My Heart on Fire" deur J. Lee Grady gebaseer is, sal jy die Heilige Gees, wat alles kan doen, ontmoet. Hy is die Gees van God. Met onbeperkte krag en wysheid kom leef Hy gewillig in enige persoon wat in Jesus Christus glo.

More

Ons wil graag Lee Grady en Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/heartonfirekindle