Leesplan inligting

Die Sewe Rolle Van Die Heilige GeesVoorbeeld

The Seven Roles Of The Holy Spirit

DAG 5 VAN 7

Die Heilige Gees Is Ons Voorbidder


Dit is een van die grootste wonderwerke van genade. Die apostel Paulus het vir ons gesê dat die Heilige Gees wat in ons woon: "self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie" Romeine 8:26. Selfs wanneer ons nie weet hoe om te bid nie, bid die Gees die volmaakte wil van God. Ongeag watter soort donker moeilikheid ons in die gesig staar, die Gees werk voluit vir ons totdat ons veilig deur die toets is.


Het jy al ooit "gekreun" in gebed? Die meeste van ons ken die gevoel. Ons voel dalk nie vol geloof wanneer ons ons diepste versoeke tot God uiter nie. Ons mag dalk deur 'n moeilike stryd gaan en nie juis baie geestelik voel nie.


Ons kan dalk nie eens die krag vind om vir 'n halfuur lank te bid nie. Ons gebede mag dalk 'n jammerlike reeks kort frases wees soos: "Help my, Vader!" of "Here, ek weet nie hoeveel langer ek sal kan uithou nie."


Volgens die Bybel is hierdie soort gebede kragtig. Al wat jy hoef te doen is om die psalms van koning Dawid te lees om te weet dat God gebede hoor soos: "O Here my God, ek het na U geroep om hulp ..." Ps. 30:3 (AFR83).


Wat so vertroostend is, is dat wanneer ons in gebed gefrustreerd voel of nie weet wat om te sê nie, sal die Gees op 'n dieper vlak binne-in ons bid — en Hy weet wat om te bid! Dit is die belofte van Romeine 8:26.


Baie van ons bevind ons in die mees intense stadium van die "geboorteproses", die oorgangsfase. Met geboorte kan 'n swanger vrou verward, geïrriteerd en rusteloos voel. Ons verduur soortgelyke gevoelens van desperaatheid in ons geloofswandel. Ons vra onsself af: "Het God dit regtig aan my belowe?" Alles in ons wil ophou glo.


Dis hoe die pynlike, vermoeiende proses werk — en ons het die Heilige Gees om ons deur die pyn te help. Hy bid met versugtinge, te diep vir woorde, totdat geloof geboorte skenk aan die antwoord waarop ons wag.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Seven Roles Of The Holy Spirit

In hierdie 7-dag leesplan wat op die boek "Set My Heart on Fire" deur J. Lee Grady gebaseer is, sal jy die Heilige Gees, wat alles kan doen, ontmoet. Hy is die Gees van God. Met onbeperkte krag en wysheid kom leef Hy gew...

More

Ons wil graag Lee Grady en Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/heartonfirekindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid