Leesplan inligting

Ontdek jou Werklike Waarde Met Lindsay RobertsVoorbeeld

Discover Your True Worth With Lindsay Roberts

DAG 1 VAN 5

Om uit die hart te leef, is buitengewoon. Die wêreld om ons leer ons om ons eie koppe te volg. Ons sal dikwels ons denke of ons menslike redenasievermoëns gebruik. Ons dink aan die voor-die-hand-liggende, gewone gedrag of die alledaagse in ons denke terwyl ons harte iets heeltemal anders uitskree. As ons nie versigtig is nie, sal ons, deur net ons denke te gebruik, die fout maak om dit te ignoreer wat ons harte weet eintlik waar en reg is.


Met ons denke probeer ons ontleed, maar ons harte is ontwerp om die dinge van God eenvoudig te glo. Terwyl ons denke situasies evalueer op soek na die perfekte, wat waarskynlik glad nie eens bestaan nie, mag ons harte dalk God se roepstem misloop na die regte pad en sy leiding na die bonatuurlike gawes wat Hy vir ons voorberei het. Soms maak dit meer sin om met ons harte te hoor as wat dit ooit sal sin maak om met ons denke te hoor.


Dalk lê onder die dinge waarvan ons denke bewus raak ander, wonderlike dinge wat ons nooit eens opgelet het aangaande onsself of die mense om ons nie. As mense is ons almal baie goed daarmee om die voor-die-hand-liggende raak te sien. Wat egter daarvan as ons begin om nie net die alledaagse op te merk nie, maar alles wat God vir ons in gedagte het? ...


Die Bybel noem dit "'n fluistering in die windstilte" (1 Konings 19:12) wat verwys na die sagkense manier waarop die Gees van God ons leiding gee, sy kosbare stem wat aan ons 'n indruk, 'n gevoel, 'n wete gee. Sommige noem dit intuïsie. Dit is 'n gawe van emosionele sensitiwiteit wat van God kom, wat Hy spesifiek en strategies binne-in ons geplaas het om ons van Goddelike insigte te voorsien. Ons hoef nie te vra of God praat nie. Die vraag is eintlik: luister ons? As ons wel luister, wat maak ons met die kosbare inligting wat Hy aan ons deurgee? ...


Sonder al die lokvalle van hierdie wêreld is ons vroue van inbors en onmeetbare waarde. Ons het 'n dringende aard wat die kern vorm van wie ons is. Dit het niks te make met wat in ons denke aan die gang is nie. Dit is waar ons ware lewe met God plaasvind. Om vroue te word wat vir God bruikbaar is, moet ons vanuit die hart leef, nie ons denke nie.


Gebed


Vader, maak asseblief my hart vir u stem oop. Ek wil die leiding wat U aan my wil gee, hoor, sodat ek u wil kan doen en u doel vir my kan vervul. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Discover Your True Worth With Lindsay Roberts

Hierdie leesplan is vir elke vrou wat al ooit gevrees, geval, gewaag, misluk, gebid, gehoop, liefgehad of verloor het. Dit is vir elkeen wat al vasgeklou of weggeloop het, wat mismoedig was of gevoel het dat sy in tyd va...

More

Ons wil graag ons dank betuig aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://amzn.to/3GdJp41

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid