Leesplan inligting

Ontdek jou Werklike Waarde Met Lindsay RobertsVoorbeeld

Discover Your True Worth With Lindsay Roberts

DAG 4 VAN 5

Ons lees in 1 Timoteus 6:12 dat ons die "goeie stryd moet stry vir dit waarin ons glo" (NLV). Die geestelike oorlog — nie bloot 'n kosmiese konflik tussen goed en kwaad nie, maar selfs die geveg om ons sin van waarde — is geestelik gesproke 'n geveg wat só ontwerp is dat ons die oorwinning sál behaal. Aangesien God reeds aan ons elkeen 'n maat van geloof geskenk het, volgens Romeine 12:3, kan ons die goeie stryd stry deur te glo en sodoende die oorwinning behaal ...


Boonop kan ek glo dat ek in elke geveg oorwinning sal behaal, want ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee (Fillipense 4:13). As ons dinge doen met balans en in harmonie met die Woord van God en binne sy wil, kan ons staatmaak om "deur Hom" die nodige krag te kry om die taak suksesvol af te handel. Ek wonder so dikwels waarom ek dinge op my eie manier doen eerder as om van die begin af te gaan soek na God se manier of metodes, wat soveel beter as myne werk.


Verder sê Eksodus 14:14: "Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg." Ek het by hierdie versie in die kantlyn van my Bybel geskryf: "Die Here sal vir my veg, en ek sal soos 'n dame optree." Dit is natuurlik nie 'n akkurate woord-vir-woord vertaling nie, maar die idee is daar.


Jakobus 4:7 sê dat ons ons aan God moet onderwerp en die duiwel teëstaan, en hy sal van ons af wegvlug. Ons moet ons deel doen en met ons magtige wapens die goeie stryd van ons geloof stry.


Ons het altyd die geleentheid om God te prys, ongeag watter geveg ons besig is om te veg. Volgens Psalm 22:4, beloof Hy wanneer ons Hom verheerlik, woon Hy daar waar ons lofsange weerklink. Wanneer God kom, kom Hy voorbereid om die geveg namens ons te veg. Gebed, lofsange, offergawes, aanbidding, geloof, ons woorde en uitsprake volgens sy Woord is almal magtige wapens wat vestings kan afbreek. Moet dus nie vuil baklei nie — baklei slim! Baklei deur gebed.


Gebed


Here, U sien die gevegte wat ek moet veg. Dankie dat U my herinner dat U namens my veg. Ek loof U vir alles wat U is en wat U doen. Amen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Discover Your True Worth With Lindsay Roberts

Hierdie leesplan is vir elke vrou wat al ooit gevrees, geval, gewaag, misluk, gebid, gehoop, liefgehad of verloor het. Dit is vir elkeen wat al vasgeklou of weggeloop het, wat mismoedig was of gevoel het dat sy in tyd va...

More

Ons wil graag ons dank betuig aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://amzn.to/3GdJp41

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid