Die NastreweVoorbeeld

Streef God Na Deur Aanbidding
Wie ons aanbid, is die belangrikste saak in die lewe. God openbaar sy krag en heerlikheid elke dag, elke oomblik. Regdeur die geskiedenis, in my en jou verhaal, word mense mislei om afgode te dien en te aanbid eerder as vir die Skepper.
In die boek Handelinge het Paulus in Atene vir 'n baie godsdienstige skare gepreek om aan hulle bekend te maak wie hul regtig moet aanbid.
In die boek Jeremia gebruik God die metafoor van 'n spoelbak ('n groot houer vir water) om die sonde van afgodery te verduidelik. In hoofstuk 2:13 sê die Here: "My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie."
Ons het toegang tot die oorvloedige, ewige, lewende water van God. So waarom wend ons ons na gebroke bronne wat nooit water sal hou nie?
Wat is sommige van jou leë, droë en gebroke bakke? Aanvaarding, avontuur, stokperdjies, fiksheid, rykdom, roem, sukses, plesier, pret, kos … alles beloof om ons te vul, maar hoe meer ons wil hê, hoe minder het ons. Selfs al is sommige van hulle goeie dinge, wanneer ons dit bo die dien van ons Verlosser stel, verander ons dit in afgode.
Ons is nie veronderstel om goed wat geskep is te dien of te verheerlik nie. Die goeie dinge in ons lewens is die tekens en wonders wat God se eer verkondig. Ons is aanbidding verskuldig aan die Skepper van die tekens en wonders! Net God is ons aanbidding werd!
Laat ons dus eerlik wees. Wie of wat ding mee vir die belangrikste plek in jou hart? Het jy 'n vals waarheid nagestreef? Indien wel, noem dit. Plaas dit op sy regte plek. Dit was nooit bedoel om jou bron van lewe te wees nie. Terwyl jy hierdie leesplan voltooi, bid dat God jou sal bemagtig om voort te gaan met jou strewe na Hom.
”Hemelse Vader, U is my Skepper. Here, ek wil U alleen aanbid en wegdraai van die maniere waarop ek afgode gedien het. Vader, maak asseblief my oë heeltemal oop om U te sien as die heerlike lewende water! Help my om te groei in my passie om U alleen te dien, te aanbid en na te streef! In die Naam van Jesus. Amen.”
Aangaande hierdie leesplan

Elke verhouding begin met 'n strewe — die pragtige dans om te ken en geken te word. ‘n Verhouding met God is presies dieselfde. In hierdie 5-dag leesplan, wat gebaseer is op Amy Groeschel se nuutste 4-week Bybelstudie, “The Pursuit”, sal jy nie slegs ontdek hoe om God ten volle na te streef nie, maar jy sal ook besef hoe groot God se strewe na jou is!
More