Die NastreweVoorbeeld

Weet Wie Jy Nastreef
Het jy al ooit iemand ontmoet en dadelik besluit jy hou nie van hom of haar nie? 'n Paar jaar gelede het ek 'n meisie in die damesbadkamer ontmoet. Sy het my nie geken nie, maar ek het geweet wie sy is en het myself aan haar voorgestel voor ek vertrek. Ek dink haar aandag was dalk net op ‘n ander plek, maar ek het haar gebrek aan belangstelling geïnterpreteer as ongeïnteresseerd en dit het my laat dom voel dat ek haar gepla het. “Sy is nie baie vriendelik nie,” het ek gedink. “Sy haal nie my lys van gunstelinge nie.” ’n Paar jaar later het ek haar weer raakgeloop. Sy het my onthou en was eintlik baie vriendelik … ten minste daardie dag.
Anders as ons, is God onveranderlik. Dit beteken Hy verander nóóit, Hy is elke dag dieselfde en Hy is volkome volmaak. Ons hoef nooit te wonder oor sy persoonlikheid wat verander nie. Kom ons ondersoek drie eienskappe van God wat blywend en seker is.
- God se doelwitte sal nooit verander nie. My planne? Hulle verander voortdurend. Ek is besluiteloos. My doelwitte dryf my dikwels op 'n vernietigende koers. God se doelwitte lei my egter na goeie dinge.
- God se karakter sal nooit verander nie. Jy mag dalk opmerk dat ek iets "goeds" doen, soos om geduldig te wees teenoor 'n stadige bestuurder, maar tog is ek nie konsekwent hiermee nie en raak ek weer ongeduldig! Maar nie God nie! Sy liefde, getrouheid, geregtigheid, goedheid, krag, genade en barmhartigheid is volkome bestendig.
- God se beloftes sal nooit verander nie. Ek is nogal redelik betroubaar, maar soms is dit onmoontlik om beloftes aan myself of aan ander na te kom. God kom altyd sy beloftes na. Hy maak hulle en breek hulle nooit nie!
Dit is tyd om God werklik te sien vir wie Hy is — vir ewig getrou! Terwyl ons vandag met die Woord van God besig is, laat ons daarna streef om Hom beter te leer ken en op Hom te vertrou deur sy onveranderlike karaktereienskappe. Op watter eienskap van God moet jy vandag staatmaak?
Aangaande hierdie leesplan

Elke verhouding begin met 'n strewe — die pragtige dans om te ken en geken te word. ‘n Verhouding met God is presies dieselfde. In hierdie 5-dag leesplan, wat gebaseer is op Amy Groeschel se nuutste 4-week Bybelstudie, “The Pursuit”, sal jy nie slegs ontdek hoe om God ten volle na te streef nie, maar jy sal ook besef hoe groot God se strewe na jou is!
More