Die NastreweVoorbeeld

The Pursuit

DAG 4 VAN 5

Streef God Na Deur Gebed

Ons kan God ken deur die hoekom, hoe, and wat van gebed.

Het jy al ooit iewers heen gery terwyl jou gedagtes dwaal en jy uiteindelik die verkeerde pad gery het? Nie? Net ek? Ha! Een keer terwyl ek op pad was na 'n tandartsafspraak, het my gedagtes weggedwaal van die pad en het ek amper meganies by die kruidenierswinkel beland! Dwalende gedagtes het oorgeneem toe ek vol vertroue was dat ek weet wat ek doen.

Ons gewoontes is nie net fisiek op outomaties nie, maar ook geestelik. Ons raak self-vergenoegd, gaan onbewus deur die dag sonder om te besef dat ons op pad is in die verkeerde rigting! Ons het God se voortdurende leiding nodig.

As jy nie die behoefte aan gebed kan raaksien nie, kan dit wees omdat jy in selfgenoegsaamheid lewe. Gebed is nie vir bekwame of selfvoldane mense nie. Gebed is vir behoeftiges en afhanklikes. Die opgemorstes. Die dorstiges.

Selfs Jesus was afhanklik! Hy het daagliks op sy Vader staatgemaak. Ons kan dit duidelik sien aan hoe dikwels Jesus gegaan het om alleen met God in gebed te wees. Net soos Jesus, is ons nie veronderstel om op ons eie met die lewe aan te gaan nie. Ons moet ons algehele afhanklikheid van God te alle tye besef — wanneer dinge goed gaan of sleg gaan. Ek en jy is baie afhanklik, en dis reg so! Ons gebede moet 'n erkenning en selfs 'n aanvaarding van ons afhanklikheid wees.

Watter behoeftes, groot of klein, moet jy na God toe bring?

Aangaande hierdie leesplan

The Pursuit

Elke verhouding begin met 'n strewe — die pragtige dans om te ken en geken te word. ‘n Verhouding met God is presies dieselfde. In hierdie 5-dag leesplan, wat gebaseer is op Amy Groeschel se nuutste 4-week Bybelstudie, “The Pursuit”, sal jy nie slegs ontdek hoe om God ten volle na te streef nie, maar jy sal ook besef hoe groot God se strewe na jou is!

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church