Leesplan inligting

Jou Vers Vir Die DagVoorbeeld

Jou Vers Vir Die Dag

DAG 8 VAN 10




Johannes 4:10


"Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het."


- Die gawes wat God vir ons het, is van die grootste vreugdes in die lewe.



- Die gawe van die "Lig van die lewe" beteken dat ons nooit weer in duisternis hoef te wandel nie.



- Die gawe van "Vrede" beteken dat ons nie hoef te vrees, bekommerd te wees of ontsteld te wees nie.



- Die gawe van "Ewige Lewe" beteken ons kan weet dat ons ewige bestemming veilig is.


Gebed: Vader, dankie vir die gawes wat U aan my beskikbaar stel. Ek vra dat U my sal gee: die "Lig van die Lewe" wat van U af kom, die "Vrede" wat alle verstand te bowe gaan, "Ewige Lewe" sodat ek nooit die dood hoef te vrees nie, en die "Lewende Water" sodat ek tevrede en heel kan wees. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Jou Vers Vir Die Dag

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronglik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n ...

More

Ons wil graag Alive to God! bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://alivetogod.com/subscribe

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid