Leesplan inligting

Wees Stil: 'n Eenvoudige Gids Vir StiltetydVoorbeeld

Be Still: A Simple Guide To Quiet Times

DAG 5 VAN 5

Wees Stil: Die wêreld in



Dit word dikwels gesê dat soos ons ouer word lyk ons meer na ons ouers!



Op 'n soortgelyke manier sal die verhouding wat ons met God ontwikkel in ons stiltetyd, 'n impak hê op hoe ons lewe.



Met ander woorde, wat gebeur in die tuin, moet nie in die tuin bly nie — dit moet sigbaar wees in hoe ons lewe. Ons raak meer soos God namate ons meer tyd in sy teenwoordigheid deurbring. Tot 'n mate word ons 'n weerspieëling van Hom.



In ons stiltetyd asem ons God in; ons verbind met die goddelikheid. Ons laat toe dat sy hart ons harte raak en ons raak ingestel op Hom. Soos ons in ons stiltetyd ingestel raak op God, verbreed Hy ons fokus om verder as onsself, ons gesin en vriende te kyk.



As ons inasem moet ons ook uitasem. Dink daaraan hoe dit werk in jou liggaam — ons kan nie net aanhou inasem nie. Ons moet uitasem ook. Ons is gesond en ons lewe as ons altwee doen!



Bob Pierce, die stigter van "World Vision," het eenkeer gesê: “Here, breek my hart met wat u hart breek." Wanneer ons werklik in ons stil tye met die hart van God verbind, sal Hy ons harte breek vir sy wêreld. Soos God ons harte aanraak, lei Hy ons dalk na mense of situasies wat ons dalk nie self aan gedink of voorsien het nie.



Die opdrag wat Jesus aan sy dissipels gegee het in Matteus 28 is om die mense sy dissipels te maak. Tog, die eerste ding wat hulle gedoen het nadat Jesus na die hemel opgevaar het, was om na 'n afgesonderde kamer te gaan en te bid. Die Gees van God het kragtig oor hulle gekom, hulle is uit die geheime plek uit gelei, uit die stil plek, in die skare in waar hulle die goeie nuus van Jesus verkondig het.



Die kerk is op daardie dag gebore.



Dit het 'n aaneenlopende ritme geword; hulle het nie net een keer gebid en die Heilige Gees ontmoet nie, dit het weer en weer gebeur. Dit is ons missie, ons sending, dat ons die liefde wat ons gevind het deel.



'n Natuurlike uitvloeisel van jou stiltetyd sal wees dat jy meer dissipels wil maak; sekerlik is hierdie liefde wat ons ervaar te veel om vir onsself gehou te word? Dit is beide opwindend en uitdagend; soms wil ons net in ons tuin bly, gemaklik die teenwoordigheid van Jesus geniet, sy dissipel wees, by Hom leer.



Gebed is gebed; dit is nie brandstof vir sending of selfs 'n strategie vir sending nie. Dit is egter altyd die geboorteplek van sending.



Hoe kan jy vandag Jesus se liefde deel?



Hoe kan ander mense vandag jou Hemelse Vader in jou sien?



Om 'n kopie te koop van "Be Still" deur Brian Heasley, klik op here .



Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Be Still: A Simple Guide To Quiet Times

Wees stil. Vir sommiges is hierdie twee eenvoudige woorde 'n welkome uitnodiging om briek aan te draai. Vir ander voel hierdie woorde onmoontlik, buite bereik in 'n wêreld waar dit voel of die geraas om ons elke dag al m...

More

Ons wil graag 24-7 Prayer bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.amazon.com/Be-Still-Simple-Guide-Quiet/dp/0281086338/ref=sr_1_1?dchild=1&keywords=be+still+brian&qid=1633102665&sr=8-1

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid