Leesplan inligting

Wees Stil: 'n Eenvoudige Gids Vir StiltetydVoorbeeld

Be Still: A Simple Guide To Quiet Times

DAG 3 VAN 5

Wees Stil: Leer om jou te Verwonder



In vandag se Skrifgedeelte het ons die verhaal van die ontmoeting wat Jakob met God gehad het. Na die ontmoeting het Jakob gesê: “Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie” (Genesis 28:16).



“Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie.” Dit sal vir my baie sleg wees as dit met my sou gebeur. Om terug te kyk oor die dae en jare van my lewe om te sien God was daar en ek was totaal onbewus daarvan.



Ons verbeelding, ons vermoë om te bewonder en die tyd te maak om te dink oor wat ons sien en waarneem, sal ons bewustheid van God verskerp in ons alledaagse bestaan.



Die woord verbeelding kom van die werkwoord verbeel "om vir jouself 'n prentjie te skep." Dit kan help as jy jouself sien as 'n deel van die groter prentjie van God se verhaal.



Ons kan ons verbeelding inspan in ons waardering vir alles wat om ons is, alles wat deur God geskep is. Dit kan jou help om God raak te sien in ons alledaagse bestaan en jou help om in verwondering te wees vir sy skepping.



Ons kan dit toepas in ons stiltetyd, dit waaroor ons skryf, waaroor ons dink en waarvoor ons dankbaar is.



Aanbidding word gebore in verwondering.



In Genesis lees ons dat God alles gesien het wat Hy geskep het en dat dit baie goed was.



God het oor die skepping nagedink en gesien dat dit goed was.



Ons moet nie net oor die Bybel nadink nie maar ook oor die wêreld waarin ons leef. Hierdie gewoonte kan 'n positiewe uitwerking hê op ons stiltetyd.



Het die elektroniese media met sy stortvloed van foto's ons beroof van ons vermoë om die skoonheid in die alledaagse raak te sien? In so mate dat die lewe vir ons net mooi as ons dit deur 'n filter sien?



’n Gefiltreerde beeld van die lewe kan ons van verwondering beroof: as ons nie versigtig is nie, kan ons waardering en perspektief vir wat mooi is verwronge raak.



Daar is skoonheid in 'n stukkie roosterbrood, 'n verrimpelde vel, in die luglyn van industriële geboue. Daar is skoonheid in 'n dorre woestyn. Daar is skoonheid in hospitale. Daar is skoonheid in roes.



Ons moet stop, die skoonheid om ons raaksien en dit bewonder.



Ons stiltetyd moet meer wees as 'n praktiese gedeelte van ons Christelike lewe. Dit is die plek waar ons besin met ontsag, eerbied en verwondering oor alles wat die Here gesê, gedoen en geskep het.



Besin oor jou dag en dank God vir sy skepping. Jy kan dit ook in 'n joernaal aanteken indien jy wil.



Wat het jy vandag gesien wat jou in verwondering gehad het? Waar het jy skoonheid gesien?



Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Be Still: A Simple Guide To Quiet Times

Wees stil. Vir sommiges is hierdie twee eenvoudige woorde 'n welkome uitnodiging om briek aan te draai. Vir ander voel hierdie woorde onmoontlik, buite bereik in 'n wêreld waar dit voel of die geraas om ons elke dag al m...

More

Ons wil graag 24-7 Prayer bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.amazon.com/Be-Still-Simple-Guide-Quiet/dp/0281086338/ref=sr_1_1?dchild=1&keywords=be+still+brian&qid=1633102665&sr=8-1

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid