Leesplan inligting

Wees Stil: 'n Eenvoudige Gids Vir StiltetydVoorbeeld

Be Still: A Simple Guide To Quiet Times

DAG 4 VAN 5

Wees Stil: Verborge volharding



Die kultuur van selfaankondiging is werklik.



Ons leef in 'n wêreld waar ons druk ervaar om gesien te word; ons kyk na ander mense se foto's en verhale op sosiale media en voel dan verplig om ons eie noukeurig saamgestelde en gepoetste weergawe van onsself aan te kondig.



Een van die noodsaaklike elemente van 'n stiltetyd is dat dit in privaatheid gedoen word. Dit is verborge.



In 1 Konings 17 daag Elia op in 'n plek van aansien, in koning Agab se hof, waar hy verklaar dat 'n woord van God 'n diepgaande impak sal hê op die volk toe hy sê “So seker as die Here leef, die God van Israel in wie se diens ek staan, daar sal die volgende paar jaar geen dou of reën val nie, behalwe as ek so sê.”



Dít is 'n aankondiging.



In die volgende vers sê God vir Elia: “Gaan hiervandaan af ooswaarts en gaan versteek jou in Kritspruit, anderkant die Jordaan.” Elia beweeg vinnig van 'n plek van aansien, waar hy in die openbaar te sien is, na 'n plek waar hy verborge is.



Maak Jouself Verborge!



In sy wegkruipplek word Elia deur God versorg. Weggesteek op 'n ontoeganklike plek naby 'n klein stroompie word hy elke dag deur kraaie gevoer.



Hierdie is heeltemal buite sy gemaksone. Hy is ver verwyder van die koninklike paleis; dit is 'n eensame plek waar hy volkome afhanklik is van God vir voeding en vertroosting. Na 'n rukkie het die stroompie opgedroog en reis Elia vyandelike gebied binne waar 'n weduwee op 'n wonderbaarlike wyse vir hom sorg. Dit het nog 'n uitdaging vir Elia gebring.



'n Man van God wat 'n weduwee vra vir hulp terwyl syself afhanklik was van liefdadigheid, was heeltemal teen die kultuur van die dag en baie vernederend. Tog is dit in daardie oomblik van vernedering wat God op 'n wonderbaarlike manier intree. Hy voorsien 'n onbeperkte voorraad van meel en olie vir Elia en die weduwee en haar gesin om van te lewe.



Drie jaar nadat God vir Elia opdrag gegee het om te gaan wegkruip, sê God vir hom: " ... Gaan na Agab toe. Moenie langer vir hom wegkruip nie. Ek wil dit weer in die land laat reën” (1 Konings 18:1). Elia gaan terug en kondig aan dat dit sal reën.



Verbeel jou hoe frustrerend die wag vir Elia moes gewees het met tye.



In 'n kultuur waar bekendheid, beroemdheid, erkenning en 'n openbare teenwoordigheid hoog geag word, hoe goed hanteer ons die idee van verborgenheid?



Dit is in verborgenheid dat ons leer van God. Dit is in ons afhanklikheid, wanneer ons deur Hom versorg en gevoed word, waar ons God begin vertrou dat Hy weet wat Hy doen. Waar die lesse wat ons leer uniek aan onsself is en waar ons gevoer word deur kraaie en versorg word deur weduwees. Verborgenheid berei ons voor vir die tye wanneer ons sigbaar is.



In verborgenheid leer ons ook om te volhard: 1 Konings 17 is 'n hoofstuk wat oor 3 jaar strek: 'n lang tydperk van verborgenheid.



Romeine 12:2 leer ons die volgende: “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe ... ”



As ons 'n stiltetyd gaan volhou en nie aan die sondige wêreld gelyk word nie, moet ons verstaan dat een van die dryfvere van ons kultuur onmiddellikheid is.



Ons moet leer om te volhard in hierdie kultuur van onmiddellikheid.



Maak vandag 'n lysie en sit dit in jou Bybel of iewers waar jy gereeld daarna kan kyk. Verbind jou daartoe om gereeld en aanhoudend vir die mense en situasies op daardie lysie te bid. Selfs al vat dit jare voor jou gebede beantwoord word.



Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Be Still: A Simple Guide To Quiet Times

Wees stil. Vir sommiges is hierdie twee eenvoudige woorde 'n welkome uitnodiging om briek aan te draai. Vir ander voel hierdie woorde onmoontlik, buite bereik in 'n wêreld waar dit voel of die geraas om ons elke dag al m...

More

Ons wil graag 24-7 Prayer bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.amazon.com/Be-Still-Simple-Guide-Quiet/dp/0281086338/ref=sr_1_1?dchild=1&keywords=be+still+brian&qid=1633102665&sr=8-1

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid