Leesplan inligting

Wees Stil: 'n Eenvoudige Gids Vir StiltetydVoorbeeld

Be Still: A Simple Guide To Quiet Times

DAG 2 VAN 5

Wees Stil: Die Krag van die Skrif



Die krag van die Bybel is buitengewoon: "U woord is die lamp wat my die weg wys,
die lig op my pad" Ps 119:105.



Die Bybel is noodsaaklik vir 'n effektiewe stiltetyd.



Jy kan nie die twee skei nie. Jy moet die Bybel benader met gebed en gebed benader met die Bybel. Die volgorde maak nie saak nie; partykeer kan jy lees voor jy bid, partykeer nadat jy gebid het. Die Bybel moet egter altyd naby wees as jy bid.



Die Bybel moet meer gewig dra in ons lewens. Ons moet dit toelaat om ons uit te daag, te inspireer en ons en ons lewens te vorm.



Die New York Openbare Biblioteek is die tuiste van 'n Gutenberg Bybel, die eerste boek van aansien en belang wat in die Weste gedruk is, 'n ongelooflike boek wat amper nie deur geld gekoop kan word nie. Daar word vertel dat toe die boek in 1847 in New York aangekom het en deur die doeane kantore gedra is, het almal opgestaan en hulle hoede afgehaal as 'n gebaar van respek vir hierdie merkwaardige boek.



In Joodse sinagoges waar die Rabbis sit wanneer hulle 'n diens lei, staan hulle op wanneer die Skrif gelees word. Jesus het dieselfde gedoen; ons lees in Lukas 4:16: “Toe Hy opstaan om uit die Skrif voor te lees ...” In die Hebreeuse tradisie was die Skrif — die Tora — met absolute respek bejeën.



Wanneer ek uit die Bybel gaan lees, haal ek figuurlik gesproke my hoed af en staan uit respek vir wat op die tafel langs my koffie lê!



In Psalm 1 moedig die Psalmdigter ons aan om dag en nag oor die Skrif te mediteer. Wat beteken die woord "mediteer" vir jou?



Vir sommige is dit so diep gesetel in die idee van Oosterse transendentale meditasie dat hulle dit as geestelik gevaarlik beskou, of dit afmaak as eenvoudig nie vir hulle nie. In werklikheid het meditasie diep wortels in die Christelike geloof.



Die woord "mediteer" wat in hierdie Psalm gebruik word, dui op 'n "geverbaliseerde herkou", soos 'n duif wat herhalend koer, 'n sagte murmurering. Dieselfde woord word ook gekoppel aan herkou — die proses waardeur 'n koei gras op so 'n manier eet, en herkou, dat al die voedingstowwe onttrek word.



Of, miskien is dit makliker om daaraan te dink as 'n harde lekker waaraan jy suig eerder as om dit te kou; as ons daaraan suig kan ons al die geure ervaar en die volle soet smaak daaraan geniet. Partykeer as ek die Bybel lees kan ek deur die tekste kou in plaas daarvan om te stop en daaroor te mediteer om sodoende die volle betekenis te kry van wat ek lees.



Bybelse meditasie is nie bedoel om jou gedagtes leeg te maak nie maar eerder om jou gedagtes te vul met die Woord van God.



'n Handige manier om oor die Bybel te mediteer, is om dit te memoriseer.



Die Bybel word in ons harte gegraveer wanneer ons dit memoriseer. Die Woord van God is dikwels beskikbaar op ons naaste elektroniese toestelle wanneer ons in werklikheid geroep word om sy Woord in ons harte te bewaar. Ons kan dit doen deur Bybelverse te memoriseer.



Daar is teksgedeeltes wat ons moet hê om ons te help as ons nie kan slaap nie, as ons uitdagings in die gesig staar, wanneer ons vir ander bid, wanneer ons alleen is en wanneer ons deur beproewings gaan. Verse wat ons gememoriseer het sal ons onderhou en versterk deur ons lewens.



Kies vandag 'n Bybelvers en wy jou daaraan toe om dit in hierdie week te memoriseer.



Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Be Still: A Simple Guide To Quiet Times

Wees stil. Vir sommiges is hierdie twee eenvoudige woorde 'n welkome uitnodiging om briek aan te draai. Vir ander voel hierdie woorde onmoontlik, buite bereik in 'n wêreld waar dit voel of die geraas om ons elke dag al m...

More

Ons wil graag 24-7 Prayer bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.amazon.com/Be-Still-Simple-Guide-Quiet/dp/0281086338/ref=sr_1_1?dchild=1&keywords=be+still+brian&qid=1633102665&sr=8-1

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid