Leesplan inligting

Krag Vir Elke Dag Voorbeeld

Krag Vir Elke Dag

DAG 7 VAN 14

Reis sonder vrees


Vrees en liefde staan teenoor mekaar. Vrees maak jou huiwerig, onseker, angsbevange en dit lê jou lam. Liefde daarenteen gee aan jou ’n diep gevoel van selfwaarde, sekerheid, rustigheid en die moed om meer te doen as waartoe jy in staat is. 


Dink maar aan die verskillende gesagsfigure of leiers in jou lewe. Diegene wat jou met vrees probeer beheer, het ’n stuk vryheid van jou gesteel en jou beperk tot wat húlle wou hê. Diegene wat jou aanvaar vir wie jy is, jou sterk eienskappe waardeer, jou aanmoedig en jou help om te floreer, het jou geïnspireer om meer te doen en te wees as wat jy was. Om te floreer! Jesus se manier van lei, is uit absolute liefde. Daarom kan jy by Hom regtig elke vorm van vrees en huiwering los … en toelaat dat Hy jou met sý soort sagte liefde lei. 




Dis in die vrylaat van jou vrees, wat sy liefde in elke kraak van jou lewe kan instroom … en jou heelmaak. Jou méér maak. 




God wat vrede gee, maak my méér deur u liefde.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Krag Vir Elke Dag

Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemo...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid