Leesplan inligting

Krag Vir Elke Dag Voorbeeld

Krag Vir Elke Dag

DAG 12 VAN 14

In die donker … is Hý


Tydens die Tweede Wêreldoorlog verloor die filmster en skrywer Harold Russel albei sy hande in ’n vliegongeluk. Sy aanvanklike reaksie was dié van skok gevolg deur ’n diep depressie, want het hy gedink: Wat kan ’n mens tog sonder jou hande doen? 


Dit was totdat hy Charley McGonegal, wat ook albei sy hande in die Eerste Wêreldoorlog verloor het, ontmoet het en dié aan hom ’n aanhaling van Emerson gegee het wat hóm in dieselfde situasie baie gehelp het. “Vir alles wat jy verloor, het jy iets anders gekry.” 


Diep bewus van die realiteite van ’n lewe sonder hande, het dit Harold gehelp om met nuwe moed na die wêreld te kyk. Hy het opgehou om aanhoudend aan die verlies van sy hande te dink; dit aanvaar en met dankbaarheid gefokus op dit wat hy stééds gehad het. En ironies genoeg verander sy en duisende ander se lewens hierna. Hy skryf onder andere sy outobiografie, Victory in my hands – ’n blitsverkoper – en verwerf deur al hierdie gebeurtenisse nuwe bekendheid. Hy word – sonder hande – ’n ikoon van hoop.


Wat vertel Harold Russel se verhaal ons van geloof? Is geloof die toesmeer van alles wat sleg is onder die dekmantel dat alles eintlik reg is? As geloof nét dit is, kan baie mense dit as ’n euforie beskou … ’n naïwiteit. Want alles is nié altyd reg nie. Die wêreld, ons land, jou omstandighede, is nie altyd reg nie! 


Geloof is om die nugtere feite te erken, ná die pyn te loop en saam met God in die donker te sit. Want dis daar – in die dapper erkentenis van die donker werklikheid – waar Hy weer kan begin om in en aan ons lig en hoop te gee;


Wanneer ons dan bereid is om vanuit die donker ons fokus te verskuif na die dinge wat steeds goed en heel is, gebeur daar iets met ons. Dán maak die Gees ons bewus van sy helende krag en help Hy ons om op die werklike lig en hoop te fokus. 





Sit saam met Hom in die donker totdat jy weer lig sien.





Ek is eindeloos dankbaar dat U deel van my wêreld is, Here! 

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Krag Vir Elke Dag

Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemo...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid