Leesplan inligting

Krag Vir Elke Dag Voorbeeld

Krag Vir Elke Dag

DAG 9 VAN 14

Sigsag teen die wind


Dis logies dat seiljagte windaf kan vaar. Tog het seiljagvaarders eeue gelede ook maniere ontdek om wind-op te beweeg. Hulle het geleer dat, as die boot se kiel diep genoeg onder die water is, dit die boot stabiel genoeg maak om wel teen die wind te kan vaar deur dit skuins van voor te nader. So gebruik hulle dan die wind om eers van die een kant skuins en dan weer van die ander kant af skuins – as’t ware sigsag – vorentoe te beweeg. 


Wanneer ek en jy die wind van voor kry, is ons soms in die versoeking om “anker te gooi”. Meer dikwels het ons egter nie ’n keuse nie en moet ons eenvoudig stukkie vir stukkie teen die teenslae van die lewe invaar. Wanneer ons kiel – ons geloofsbasis – diep genoeg in God se water lê, sal dit soveel makliker wees. 




Mag jy in goeie tye jou geloof baie diep in jou Vader bou. Dan sál jy ook in slegte-weer-tye kan blý vaar. Al is dit soms sigsag.




Vandag vaar ek weer diep in u waters van trou, Here.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Krag Vir Elke Dag

Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemo...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid