Leesplan inligting

Krag Vir Elke Dag Voorbeeld

Krag Vir Elke Dag

DAG 10 VAN 14

Is dit perron-tyd in jou lewe?


Een van die heel moeilikste dinge op ons geloofsreis is om God te vra om aan ons sy lig, waarheid en leiding te gee en dan hierdie vraag by Hóm te los! 


Ja, kom ons wees eerlik: Ons kan baie hard bid dat Hy sy wil aan ons openbaar, maar dan vinnig wees om maar ons eie planne te maak. Veral as dit voel of Hy nie vinnig genoeg reageer nie. Daarom, om God om leiding te vra, beteken as’t ware om om te gee … maar ook nié om te gee nie omdat jy weet: God is God en Hý weet ook wat die beste vir my lewe is. Daarom sál Hy op die regte tyd en op sý manier vir my die pad wys. Dan laat ons God toe om Gód te wees. 




Om God met ons lewensreis te vertrou beteken dat ons soms “perron-tyd” het: Tye wat ons op die bankie op ’n stasie sit, al die treine sien kom en gaan en wag: Wag dat Hý vir ons die kaartjie vir die régte trein gee. En dán eers op te klim. 




Vader van die toekoms, ú wil is regtig al wat vir my saak maak. Leer my wag …

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Krag Vir Elke Dag

Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemo...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid