Leesplan inligting

Hier Is Ek, HereVoorbeeld

Hier Is Ek, Here

DAG 11 VAN 12

OORKOM VERSOEKINGS


Versoekings is geleenthede om te sondig (as ons daarvoor “ja” sê), maar ook geleenthede om te groei, (as ons daarvoor “nee” sê). Laat ons versoekings egter as groeigeleenthede benader! Ons kan byvoorbeeld weet dat daar geen versoeking is wat nie afgewys kan word nie – dis die Here se belofte! Die volgende kan jou daarmee help:


Voorkoming – werk daaraan om jou behoeftes gesond en voldoende aan te spreek, byvoorbeeld seksueel of finansieel. So sal jy heelwat versoekings vermy!


Bekragtiging – leef na aan die Here, wees met sy Gees vervul, dan sal versoekings veel minder houvas op jou hê.


Hantering – leer jou behoeftes, begeertes en swakplekke ken. Verstaan watter kontekste versoekings inhou. Werk dan met ’n plan as jy snellersituasies eien: Verlaat die situasie dadelik, vervang jou gedrag dadelik met iets anders, bid dadelik vir hulp!


Ons kán versoekings weerstaan! As ons die Here so liefhet dat ons versoekings graag wíl weerstaan, is ons by die regte vertrekpunt.


Hemelse Vader, help my om versoekings te eien en daarvan weg te stap, voor ek dalk vir sonde “ja” sê. Amen.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Hier Is Ek, Here

Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Maar ons lewe in God móét verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. As jy gereed is ten beste lte ew...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid