Leesplan inligting

5 Planne Om Stres Te KlopVoorbeeld

5 Planne Om Stres Te Klop

DAG 5 VAN 5

Kyk Op


Tot dusver het ons Bybelse tegnieke ontdek om die kern oorsaak van spanning te hanteer - vertrou op God, ontwikkel 'n vaste vertroue in Hom, bid vir vrede en kweek 'n vrolike hart.


Kom ons kyk na die verhaal van Hanna, in 1 Samuel 1: 1-20. Hanna was Samuel se moeder. Soos met baie van die groot dinge wat God doen, was Samuel se koms na die wêreld nie eenvoudig nie. 


Hanna het gesmag na kinders, maar sy kon nie hê nie. In haar kultuur het mense geglo dat as jy 'n goeie mens is wat God eer, sal Hy jou met baie kinders seën. Omdat sy kinderloos was, het hulle op haar neergesien. Stel jou voor hoeveel spanning sy gehad het.


Maar wat het sy gedoen? Het sy moed opgegee? O nee. In plaas daarvan het sy haar hart by God uitgestort - nie een keer nie, telkemale.


Die priester Eli beskuldig haar daarvan dat sy dronk is:


Maar Hanna het geantwoord: “Nee, Meneer, ek is maar net 'n vrou wat diep terneergedruk is. Ek het nie wyn of bier gedrink nie. Ek het my hart uitgestort voor die Here. Moet tog nie dink ek is 'n slegte vrou nie. Dis oor my groot smart en leed dat ek so lank bly praat het.” (1 Samuel 1: 15-16).


In plaas daarvan om voortdurend haar oë te vestig op die die verskriklike omstandighede voor haar, lig sy haar kop op en kyk na God. Sy stort haar groot smart uit en vra Hom om hulp.


En wat kry sy in ruil daarvoor? Vrede wat alle verstand te bowe gaan. En toe gee God haar die begeerte van haar hart: 'n seun.


My vriend, te dikwels verdwaal ons in ons pyn. Ons kyk af na die probleem voor ons, in plaas daarvan om ons oë op te rig na die Een wat dit kan regmaak!


Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word. (Hebreërs 4:16).


As jy dus deur 'n stresvolle tyd gaan ... wanneer jy deur ‘n onvermydelike stresvolle tyd gaan ... doen presies wat Hanna gedoen het. Kyk op. Gee jou spanning vir God. Jy hoef nie perfek te wees nie. Nee! Kom soos jy is.


Hy sal optree. En ongeag die uitkoms van jou stresvolle situasie, sal Hy sal vir jou sy vrede gee.





Vraag 1 


Dis nie soseer 'n vraag nie, maar 'n aksieplan om jou te help om die Woord van God op jou lewe toe te pas.


Begin deur die vyf "stres-uitklophoue" wat ons in hierdie reeks bespreek het, weer te gee. Lees weer die verse:


1. Vertrou op die Here (Spreuke 3: 5-6).


2. Ontwikkel 'n stille vertroue (Josua 1: 1-9).


3. Bid die gebed van vrede (Filippense 4: 6-7).


4. Handhaaf 'n vrolike hart (Filippense 4: 8-9).


5. Kyk op (Hebreërs 4:16).


Vraag 2 


Bid die bogenoemde Skrifgedeeltes en laat die Heilige Gees dit op jou hart skryf. Mediteer so dikwels as wat jy kan daaroor.


Vraag 3 


Hou, net soos Hanna, aan om jou stresvolle situasie voor die Here te bring. Stort jou hart herhaaldelik voor Hom uit en vertrou op die Heilige Gees se hulp.


Vraag 4 


Ek wil jou aanmoedig om hierdie eenvoudige tegnieke met ander te deel. Miskien met iemand wat sukkel met hul eie stres, of selfs met diegene wat begeer wat jy het. Laat jou vrede en vreugde hulle lewens raak!


Seënwense.





Gee jou hart iets meer om oor te jubbel. Kry die VARS boodskap elke dag - met wysheid en krag uit God se Woord, VARS vir jou - in jou e-posbus afgelewer! 




Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

5 Planne Om Stres Te Klop

Spanning veroorsaak soveel probleme in ons samelewing - swak geestelike en liggaamlike gesondheid, gebroke verhoudings en ‘n onvervulde lewe. Dit is 'n enorme probleem en 'n groot uitdaging, maar dit is nie onoorkomelik ...

More

Ons wil graag Christianityworks bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://christianityworks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid