Leesplan inligting

5 Planne Om Stres Te KlopVoorbeeld

5 Planne Om Stres Te Klop

DAG 3 VAN 5

Bid of Stres: Dis ons keuse


Gister het ons gekyk hoe jy, selfs wanneer jy stres, na stille vertroue in God kan oorskakel. 


Kom ons ontleed dit bietjie. Dit is een ding om oor vertroue op God te praat wanneer jy in die moeilikheid  is, maar ‘n ander ding om dit te doen. 


As jy al voorheen in die kerk was, het jy die prediker dalk hoor sê: "As dinge verkeerd loop: Vertrou op God, vertrou op God en vertrou op God!" Jy het dit miskien ook al in die Bybel gelees:


As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon. (Hebreërs 11: 6).


Maar as jy stres, voel dit asof hierdie vers jou veroordeel. Jy vra jouself af: "Beteken die feit dat ek stres en sukkel ... dat ek God nie behaag nie?" Dit maak die situasie erger!


Maar God het die antwoorde. Hy vertel ons baie duidelik hoe ons daardie moed en vertroue in Hom kan kry.


In my wandel met die Here gedurende die afgelope twintig jaar, was dit waarskynlik die belangrikste beginsel wat ek ooit geleer het. Is jy gereed? 


Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. (Filippense 4: 6-7).


Dis 'n belofte van God wat Paulus neergeskryf het, waar hy in ‘n dodesel op teregstelling wag. God sê hier deur Paulus: Bid in plaas daarvan om te stres.


Gebruik die tyd wat jy sou mors deur jou te bekommer en te stres om eerder te bid. Maar moenie met 'n klaende, ondankbare hart bid nie. Nee, dank God. Bring jou probleme, behoeftes en versoeke na Hom. En wanneer jy dit doen, belowe God dat jy sy vrede sal ontvang en dat Hy jou hart en jou verstand sal bewaar.


Sy vrede wat alle verstand te bowe gaan – wat nie vir jou, of iemand anders sin sal maak nie – gee Hy in 'n stresvolle tyd vir jou. Gelukkig hoef dit nie sin te maak nie. Omdat God se vrede, God se vrede is, verkies ek dit enige tyd bo die wêreld se stres.


Wat van jou?





Vraag 1 


Goed, kom ons kyk weer na jou grootste stresvolle situasie; die een wat jou tans opvreet. Hoeveel tyd bestee jy daaraan om jou daaroor te bekommer?


Vraag 2 


As ons bekommerd is, is ons geneig om aan alle moontlike slegte scenario’s te dink. Oor watter slegte uitkomste bekommer jy jou vandag? Neem 'n oomblik om dit neer te skryf.


Vraag 3 


Neem, sodra jy begin stres oor wat verkeerd kan gaan, 'n bewustelike besluit om jou gedagtegang te stop en eerder te bid. Begin stadig en kyk hoe dit groei.


Vraag 4 


Waarom stort jy nie sommer nou jou hart met danksegging aan God uit nie? Laat Hom toe om sy belofte na te kom om aan jou vrede te gee.




Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

5 Planne Om Stres Te Klop

Spanning veroorsaak soveel probleme in ons samelewing - swak geestelike en liggaamlike gesondheid, gebroke verhoudings en ‘n onvervulde lewe. Dit is 'n enorme probleem en 'n groot uitdaging, maar dit is nie onoorkomelik ...

More

Ons wil graag Christianityworks bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://christianityworks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid