Leesplan inligting

In Jesus Is Jy...Voorbeeld

In Jesus Is Jy...

DAG 6 VAN 29




In Jesus Is Ek Bevry 


Lees: Psalms 107:1–3, Jesaja 43:1–3, Romeine 8:1–4


SOAP: Jesaja 43:1


“Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.”




Oordenking


Dis belangrik om iemand se naam te ken. Dit beteken ons het tyd gemaak om hulle te leer ken, ons onthou hulle, en hul naam onderskei hulle van die ander mense wat ons ken. Wanneer ons iemand op hul naam aanspreek, toon dit agting en respek. Die byname wat ons vir ons geliefdes of naby vriende gee, voeg ‘n mate van gemeensaamheid en omgee daarby.  


Reeds van die heel begin af was jy deel van God se plan. Hy ken jou, Hy gee om vir jou, en Hy het ‘n reeks gebeure aan die gang gesit wat alles sou lei tot sy pragtige plan om die mensdom te verlos. In ons Skriflesing van vandag word ons herinner dat God ons geskape het, ons gevorm het, ons beskerm, ons name ken en ons Syne noem.


Ons identiteit as Christene berus nie op wat ons kon bereik nie, maar op wat Hy kosteloos vir ons gedoen het. In Christus is ons verlos deur die groot uitruiling van sy lewe as betaling vir ons sondes. 


Ons is vrygemaak (of verlos), nie deur ‘n God daar ver wat die hele mensdom saamvoeg nie, maar ‘n God wat ons elkeen by die naam ken. Hy ken jou, Hy het ‘n plan vir jou, Hy het vir jou gawes en vaardighede gegee en ‘n bepaalde plek en tyd om dit vir sy koninkryk te gebruik. God het jou innig lief – nie as ‘n getal of ‘n statistiek of in algemene terme nie. Hy ken jou naam, en jy is Syne. 




Gebed


God, dit is oorweldigend om te dink U ken my naam en gee so persoonlik vir my om. Wat ‘n eer dat U soveel aan my dink en my so liefhet dat U my U s’n noem. Dit is deur u Seun dat ek my identiteit as verloste dogter van die Koning kan toeëien. Amen







Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

In Jesus Is Jy...

Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid