Leesplan inligting

Ten volle Toegewyd: 'n InleidingVoorbeeld

Fully Devoted: An Introduction

DAG 5 VAN 14

Wat Beteken Dit Om In Bybelse Gemeenskap te Lewe?



Sodra ons ons vertroue in Jesus plaas, word ons nuwe skeppings, aangeneem in 'n nuwe gesin of familie. Daardie familie is die kerk. Die kerk is nie 'n gebou of 'n plek nie — dit is God se kinders wat die wil van God uitleef. 



Die kerk is 'n gemeenskap van mense wat vergifnis ontvang het en vrygekoop is — en wat geroep is om hoop en genesing in ons gevalle, rebelse wêreld te bring. Die kerk is nie 'n versameling gesinne nie — die kerk is 'n gesin. Dus, die manier waarop ons by die gemeenskap betrokke raak en as 'n gemeenskap lewe, maak geweldig saak. 



Toe die vroeë Christelike leiers gereageer het op skeptici wat probeer het om die Christendom te weerlê, het hulle nie die aansprake van die Christendom verdedig deur filosofiese argumente of wetenskaplike bewyse aan te bied nie – hulle het na die voorbeeld van die kerk gewys. Hulle het gewys na 'n gemeenskap wat herskep is en uit Geesvervulde gelowiges bestaan, en as getroue getuies van die koninkryk van God leef.



As die kerk is ons doel om te lewe as 'n voorskou van God se toekomstige koninkryk. Hoe doen ons dit? Dit is om te lewe, asof dit wat ons sê ons glo, regtig waar is. Dit is om ons broers en susters in Christus as mede-kinders van God te behandel. Hoe? Deur mekaar se laste te dra en mekaar lief te hê op dieselfde manier wat God ons liefgehad het. 



Ons dien ander asof ons Jesus dien. Ons gee kos vir diegene wat honger is, water vir diegene wat dors is, skuiling vir diegene wat dit nodig het. Ons ondersteun diegene wat siek is, en gee om vir diegene wat arm is. 



Dit is presies wat die eerste Christene gedoen het. As gevolg van hulle radikale liefde vir mekaar, het die mense om hulle dit opgemerk en God het daagliks by hulle getalle bygevoeg. 



Lewensverandering vind plaas in die konteks van verhoudinge. Dit is deur ons verhouding met Jesus dat ons nuut gemaak word, en deur ons verhoudings met ander studente van Jesus dat ons die herskepping ervaar wat daaruit voortspruit om ons ware identiteit uit te leef. 



Ons geloof ís nog altyd en sál altyd uitgedruk word deur die manier waarop ons ander liefhet. Aangesien die kerk 'n groep mense is wat herskep en deur God saamgevoeg is, kan ons Jesus nie volg terwyl ons van sy kerk geskei is nie.



Joernaalvrae  




  • Skryf een van die verse uit vandag se Skrifgedeelte neer. Hoe vergelyk jou ervaring van Christelike gemeenskappe met die Nuwe Testament? 

  • Hoe sou jy die gemeenskap waarin jy nou is, definieer? Wat is van die verskille wat jy in jou gemeenskap sien in vergelyking met die een wat in vandag se Skrifgedeelte beskryf word? 

  • Dink jy daar is 'n gaping tussen wat ons lees en wat ons ervaar? Hoekom? 

  • Watter een ding kan jy vandag doen om die mense om jou beter te dien? 


Memoriseervers



"'Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.' Die tweede is: 'Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.' Geen ander gebod is groter as dié twee nie" Markus 12:30-31.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Fully Devoted: An Introduction

Wil jy groei in jou verhouding met God, die Bybel beter verstaan en leer hoe jy vandag vir Jesus getrou in ons wêreld kan volg? Met die Bybelse verhaal as ons gids, kom ons ontdek waarhede en ontwikkel vaardighede wat on...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://www.life.church/ en www.go2.lc/fullydevoted

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid