Leesplan inligting

Die Goeie Nuus oor VersoekingVoorbeeld

The Good News About Temptation

DAG 3 VAN 3

Waarheid 3: Ons het 'n uitweg


Om versoeking te trotseer kan so uitputtend en frustrerend wees soos om die uitgang van 'n doolhof te probeer vind. (Doolhof — 'n verbysterende netwerk van gange waarvan baie doodloop.)



Paulus het sy aanmoediging aan die Korintiërs afgesluit deur te sê: “... as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan” (1 Korintiërs 10:13).



Die goeie nuus is dat ons 'n uitweg uit ons versoekings het!



Ons moet weet dat God ons doolhof van versoekings vanuit 'n breë perspektief sien, en meer as om net te weet waar die uitgang is, wil Hy ons hand vashou en ons daaruit lei. Sy leiding kan so eenvoudig wees soos om ons te oortuig om nie na 'n sekere televisiereeks te kyk nie, ons te noop om ons mond te hou in 'n hewige argument, en ons selfs aan te moedig om van die moeilikheid weg te hardloop soos Josef gedoen het toe hy deur Potifar se vrou uitgelok was.



God vind absoluut geen behae daarin om te sien hoe ons in 'n hoek gedryf word deur versoeking nie. Sy begeerte is dat ons vry van sonde sal lewe, en daarom belowe Hy om elke keer vir ons 'n uitweg te bied as ons versoek word; ons moet net bereid wees om ons aan sy leiding te onderwerp.



Volgende keer as jy dus in die versoeking kom, onthou die goeie nuus: 



1. Jy is nie alleen nie.



2. Jy kan nee sê.



3. God sal vir jou 'n uitweg voorsien.



Gebed:



Vader, dankie dat ek nooit versoekings op my eie hoef te trotseer nie. U is die een wat my hand vashou en my weglei van gevaar. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Good News About Temptation

Jy mag dit dalk nie glo nie, maar daar is in werklikheid goeie nuus wat versoeking betref. Hierdie eenvoudige 3-dag leesplan breek een Skrifgedeelte oop om 'n paar bemoedigende waarhede te onthul wat jou kan help om vers...

More

Ons wil graag dankie sê vir Journey Church SA wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.journeychurch.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid