Leesplan inligting

Die Goeie Nuus oor VersoekingVoorbeeld

The Good News About Temptation

DAG 1 VAN 3

Waarheid 1: Ons is nie alleen nie


In die hitte van die stryd teen versoeking is dit maklik vir ons om te voel dat ons die enigste persoon op aarde is wat ons pad moet vind deur die warboel van bose gedagtes en begeertes. Die apostel Paulus het die kerk in Korinte met hierdie woorde gerus gestel: “Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie” (1 Korintiërs 10:13).



Die goeie nuus is dat ons nie alleen is in ons versoekings nie!



Al ons versoekings is in werklikheid algemeen — gewoon, tipies of universeel. Tog is dit die Satan — na wie Jesus in Johannes 8:44 verwys het as "die vader van die leuen" — wat ons mislei om te dink dat ons versoekings uniek is. Niks is verder van die waarheid nie. Alle mense worstel dag in en dag uit met dieselfde soort bose gedagtes en begeertes as ons. Dis gevaarlik om te glo dat ons versoekings uniek is, want dit kan veroorsaak dat ons deur 'n gevoel van skaamte oorweldig word, wat ons laat twyfel aan God se innige liefde vir ons.



Om dit alles te kroon, kan ons getroos word met die wete dat Jesus self met presies dieselfde versoekings geworstel het terwyl Hy op aarde was! Die enigste verskil is dat Hy nooit onder die druk geswig en ja gesê het vir sonde nie, en dit is wat Hom laat kwalifiseer het om die volmaakte offer vir ons sondes te word.



Hou dus moed — jou versoekings is nie uniek nie en jy is nie alleen nie — God is met jou en Hy wil jou help.



Gebed:



Vader, dankie dat ek nie alleen is in my versoekings nie. U is hier by my, elke tree van die pad. Gee my asseblief u krag om nee te sê wanneer ek in die versoeking kom. Gee my ook die geloof om te glo dat U my wel vergewe wanneer ek swak is en ja sê vir versoeking. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Good News About Temptation

Jy mag dit dalk nie glo nie, maar daar is in werklikheid goeie nuus wat versoeking betref. Hierdie eenvoudige 3-dag leesplan breek een Skrifgedeelte oop om 'n paar bemoedigende waarhede te onthul wat jou kan help om vers...

More

Ons wil graag dankie sê vir Journey Church SA wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.journeychurch.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid