Leesplan inligting

Die Goeie Nuus oor VersoekingVoorbeeld

The Good News About Temptation

DAG 2 VAN 3

Waarheid 2: Ons kan nee sê


Kom ons wees eerlik; sekere versoekings kan so aanloklik wees dat dit heeltemal belaglik sal lyk om dit te weerstaan. Dit is op hierdie tydstip dat ons gewoonlik ingee, gou spyt is oor ons besluit en dan onsself regverdig deur te sê: "Ek kon myself net nie keer nie" of "Hulle het my gedwing om dit te doen". Paulus se verklaring aan die gemeente in Korinte weerlê onteenseglik hierdie soort leuens toe hy gesê het: “God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie” (1 Korintiërs 10:13).



Die goeie nuus is dat ons kan nee sê vir ons versoekings!



Ons kan nee sê, maar nie in ons eie krag nie. Ons het die teenwoordigheid en krag van die Heilige Gees in ons nodig om ons te help beskerm teen die Satan se planne. Die waarheid is, sonder die Gees se hulp sal ons vind dat ons meer dikwels ja sê vir sonde as wat ons sou wou. Dit is gemeenskap met die Heilige Gees wat die vrug van selfbeheersing in ons voortbring, en wat ons nie net die begeerte gee nie, maar ook die vermoë om nee te sê wanneer ons versoek word. As ons meer op die Heilige Gees vertrou, sal ons met minder spyt leef.



Alhoewel selfbeheersing 'n Christelike deug is, moet die weerstand teen versoekings nooit gefokus wees op ons vermoë om nee te sê vir die Satan nie, maar eerder gefokus wees op ons begeerte om vir God ja te sê. Om 'n hart te hê wat lief is vir God en wat probeer om Hom te behaag, maak dit soveel makliker om nee te sê.



Dis noodsaaklik om sterk in die geloof te bly, en dis net moontlik as ons 'n duidelike begrip het van die verskil tussen 'n versoeking en 'n beproewing. Die verskil is dat versoeking die Satan se uitnodiging is om ons geloof te vernietig, 'n beproewing is God se uitnodiging om ons geloof te versterk. Alhoewel God toelaat dat ons versoek word, is Hy getrou om nooit toe te laat dat dit ons verpletter nie.



Vertrou en weet dat jy met God se hulp kan nee sê wanneer jy in die versoeking kom.



Gebed:



Vader, dankie vir u getrouheid en dat U nooit sal toelaat dat versoekings my verpletter nie. Vul my asseblief met u Heilige Gees en kweek in my beide die begeerte en die vermoë om nee te sê wanneer ek versoek word. Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Good News About Temptation

Jy mag dit dalk nie glo nie, maar daar is in werklikheid goeie nuus wat versoeking betref. Hierdie eenvoudige 3-dag leesplan breek een Skrifgedeelte oop om 'n paar bemoedigende waarhede te onthul wat jou kan help om vers...

More

Ons wil graag dankie sê vir Journey Church SA wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.journeychurch.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid