Leesplan inligting

Hoe Om Met Pornografie Op Te HouVoorbeeld

How to Quit Porn

DAG 4 VAN 5

Hoe Beweeg Ek Hierby Verby? (Deel 2) 



Verwyder versoeking vandag sodat jy dit nie môre hoef te weerstaan nie 



Sommige versoekings kan ons beveg, maar van seksuele versoekings hardloop ons weg. Hoekom? Want wellus laat ons ander as voorwerpe sien wat gebruik kan word in plaas daarvan om hulle as mense te sien wat ons moet liefhê. Dit is onmoontlik om God se roeping vir ons te vervul as ons onsself toelaat om ander te sien as enigiets minder as mense wat na die beeld van God gemaak is. 



Hoe verwyder ons hierdie versoeking? Plaas beperkings op jou selfoon, rekenaar, tablet, speletjieskonsole en al die ander toestelle wat jy gebruik. Doen alles wat jy kan, want dit is die moeite werd. Moenie meer mense oor wie jy wellustige gedagtes koester aanlyn volg nie. Herinner jouself daagliks dat die Gees van God wat in jou is, sterker as jou verkeerde begeertes is! Moenie jou selfoon saamneem na die badkamer of jou slaapkamer nie. Kies wysheid bo gerief. 



Leer jouself om ander as mense te sien wat jy kan liefhê eerder as voorwerpe wat jy kan gebruik. 



Wellus het die mag om die manier waarop ons ander sien in regtig vernietigende maniere te verdraai. Dit is ook nie net 'n saak wat met pornografie geassosieer word nie. Ons leef in 'n wêreld wat gedurig vir ons vertel om onsself te verhoog en ander te verneder. Dit is egter die presiese teenoorgestelde benadering as wat Jesus het.



Jesus is God, die Koning van konings en die Here bo almal. Hy het van die hemel af neergedaal, is in 'n stal gebore en het 'n menslike gestalte aangeneem. Hy het as 'n rondreisende plattelandse prediker geleef in 'n eens groot nasie onder Romeinse beheer. Hy het op sy knieë gegaan om sy dissipels se vuil, stowwerige voete te was, en toe gewillig sy lewe aan die kruis vir die sondes van die wêreld gegee. Jesus stel vir ons die voorbeeld om onsself te verneder en ander te verhef. Hoe kan ons onsself leer om ander te sien as mense wat ons kan liefhê eerder as voorwerpe wat ons kan gebruik? Ons kies om ander te dien op dieselfde manier as wat Jesus dit sou doen. 



Kry hulp by die mense wat God in jou lewe geplaas het. 



Belydenis en verantwoordbaarheid. Hierdie is twee van die kragtigste gebruike wat ons as volgelinge van Jesus kan toepas. Heel dikwels is God se manier om te werk, deur ons te louter en te herskep om die mense te wees wat Hy vir ons beplan het binne die verhoudings waarin ons lewe. 



Wanneer ons ons sondes teenoor God bely, ontvang ons vergifnis. Wanneer ons ons sondes teenoor mekaar bely, vind ons genesing. Ons mag dalk skrikkerig wees, maar dit is die moeite werd. 



Hoe bely jy jou sondes teenoor ander mense: Soek iemand wat jy vertrou. Bid tot God en vra dat Hy jou moed sal gee. Berei jouself geestelik voor vir hulle reaksie. Moenie dit afwater nie. Wees eerlik. 



Behalwe om iemand te soek teenoor wie jy jou sondes kan bely, soek ook na iemand wat jou verantwoordbaar sal hou. Dit beteken iemand wat vir jou die moeilike vrae sal vra, en iemand met wie jy eerlik kan wees. 



Wanneer jy kies om hierdie stappe nader aan God te neem, en weg van sonde af, sal jy die vryheid en vreugde begin ontdek wat jy sal ondervind wanneer jy in die Gees lewe. Wanneer jy eers ondervind het presies hoe bevredigend dit is, sal jy nooit weer terugkyk nie. 



Bid: Hemelse Vader, help my om vandag hierdie versoekings te verwyder sodat ek nie nodig het om dit môre te weerstaan nie. Help my om mense te sien soos U hulle sien en hulle lief te hê soos U hulle liefhet. Gee my die moed om my sondes te bely teenoor iemand wat ek vertrou en om iemand te kry wat my verantwoordbaar sal hou. In die Naam van Jesus. Amen. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

How to Quit Porn

Ons leef in 'n wêreld waar pornografie meer toeganklik en aanvaarbaar is as ooit tevore. Dit bring ons by die vraag: "Is pornografie regtig so sleg?" As dit so sleg is: "Is vryheid dan enigsins moontlik?" As dit is, hoe ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid