Leesplan inligting

Hoe Om Met Pornografie Op Te HouVoorbeeld

How to Quit Porn

DAG 2 VAN 5

Is Vryheid Selfs Moontlik? 



Dit maak nie saak hoe kragtig verslawend die gif van pornografie is nie, dit is nie opgewasse teen die verlossende krag van die God wat die mag van sonde, die dood en die hel oorwin het deur sy vrywillige offer aan die kruis nie. 



Dit maak nie saak wat jy gedoen het of hoe lank jy al aan pornografie verslaaf is nie, vryheid is moontlik. Toe Jesus op die geskiedenistoneel verskyn het, het Hy sy missie aangekondig deur 'n kragtige profesie uit die boek Jesaja aan te haal: 



"Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig”(Lukas 4:18-19).

Verslawing aan pornografie kan maklik voel asof jy in 'n tronksel toegesluit is met geen uitkomkans nie, maar Jesus het in vrymoedigheid verklaar dat Hy gekom het om gevangenis vry te laat! 



Deur Jesus word God se heerskappy hier op aarde net soos in die hemel gewortel. 'n Nuwe uittog het begin. In die eerste uittog het God sy mense van hulle slawerny uit Egipte bevry. Nou bevry God sy mense van hulle slawerny aan sonde. 



Daar is 'n proses wat nog oorbly, want selfs al het God sy mense uit Egipte laat trek, moes Hy nog steeds Egipte uit sy mense trek. Deur die uittog het God die Israeliete 'n nuwe identiteit gegee, Hy het hulle in 'n nuwe gemeenskap gevorm, en Hy het hulle 'n nuwe missie gegee. Om in hulle nuwe identiteit, gemeenskap, en missie te kon lewe, moes hulle die toksiese manier van dink en die vernietigende gewoontes wat hulle in Egipte ontwikkel het, laat gaan. 



Dieselfde is waar vir ons. Selfs al het God ons bevry van die krag van sonde en die dood, moet ons steeds daaraan werk om ons ou manier van dink af te leer en ons ou gewoontes te vervang met optredes wat reflekteer wie ons as 'n bevryde en verloste gemeenskap is. 



Vryheid is moontlik. Soms gebeur dit wonderbaarlik in 'n oomblik. Ander tye gebeur dit deur 'n proses om ons denke te hernu, om ons harte te herskep, en deur ons gewoontes te verander wanneer ons onsself oopstel vir die werking van die Gees. 



Môre sal ons kyk na sommige eenvoudige en praktiese stappe wat ons kan neem om na vryheid te beweeg. Laat ons nou eers bid en God vra om die proses te begin om ons denke te vernuwe en ons harte te herskep. 



Bid: Hemelse Vader, verander my van binne na buite. Ek wil nie meer gevange gehou word in die tronk van pornografie nie. Ek het u hulp nodig om vry te raak. Gee my die wysheid om U gelowig te volg, die moed om my toksiese gedagtes en vernietigende gewoontes te konfronteer, en die krag om daardie ou denkpatrone en gewoontes te vervang met dinge wat goed en waar is. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

How to Quit Porn

Ons leef in 'n wêreld waar pornografie meer toeganklik en aanvaarbaar is as ooit tevore. Dit bring ons by die vraag: "Is pornografie regtig so sleg?" As dit so sleg is: "Is vryheid dan enigsins moontlik?" As dit is, hoe ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid