Leesplan inligting

Hoe Om Met Pornografie Op Te HouVoorbeeld

How to Quit Porn

DAG 1 VAN 5

Is Pornografie Regtig So Sleg? 



Ons lewe in 'n wêreld waar pornografie meer toeganklik en aanvaarbaar is as ooit tevore. Nie net kan jy dit met 'n vinnige soektog op die internet vind nie, maar meer as ooit tevore ontken mense die skadelike effekte van pornografie. Sommige mense beweer selfs dat pornografie 'n goeie ding is. 



Wanneer ons 'n bietjie van nader kyk wat die blootstelling aan pornografie werklik is, begin ons die waarheid ontdek van presies hoe gevaarlik dit regtig is. Navorsing het bewys dat pornografie die wyse hoe ons oor onsself dink, die wyse hoe ons ander sien, en hoe ons seks beskou, dramaties verander. 



Dr. Mary Anne Layden en Dr James B. Weaver het die volgende gesê toe hulle uitgevra is oor die gesondheidseffek van pornografie: 



Pornografie is weens sy aard gelyk aan enige ander soort gifstof. Dit doen skade aan die een wat daarna kyk, die persoon wat daarin optree, die huweliksmaats en die kinders van beide die kykers en akteurs. Dit gee toksiese, verwronge opvoeding oor seks en verhoudings. Die toksisiteit word al hoe erger hoe meer jy daarna kyk, hoe erger die verskeidenheid wat jy inneem en hoe jonger en meer weerloos die verbruiker is … Daar is geen studies en geen data wat aandui dat die kyk na pornografie enige voordele inhou nie … Die samelewing is deurdrenk met pornografie, dus is daar genoeg data beskikbaar. As pornografie ons gesond gemaak het, sou ons teen hierdie tyd gesond gewees het. 

—Dr. Mary Anne Layden

Talle studies het bevind dat die inname van pornografie seksuele afwykings, seksuele oortredings en seksueel nadelige ingesteldhede aanmoedig … In mans skep en versterk die verlengde blootstelling aan pornografie seksuele gevoelloosheid teenoor vroue ... Verlengde blootstelling aan pornografie ... veroorsaak beide die verlies aan respek vir die vroulike seksuele onafhanklikheid en die verlies aan inhibisies by mans ten opsigte van die uitdrukking van aggressie teenoor vroue.

—Dr. James B. Weaver

Blootstelling aan pornografie verdraai die manier waarop ons onsself sien, die manier waarop ons ander behandel, en die manier waarop ons met die wêreld omgaan. 



Dit is hoekom pornografie so skadelik is. Dit laat ons ander sien as voorwerpe wat gebruik kan word eerder as mense wat ons moet liefhê. Dit is wat wellus aan ons doen. Dit laat ons mense as minderwaardig beskou. In plaas daarvan om hulle te sien as mense wat na God se beeld geskep is — vol waardigheid, van waarde en met 'n doel — lei wellus ons daartoe om mense as niks meer as voorwerpe vir ons plesier te sien nie, as minderwaardig. Dit is die definisie van die ontneming van menslikheid. 



Ons wat volgelinge van Jesus is, is geroepe om ander lief te hê op dieselfde manier wat God ons deur Christus liefhet. Om mense lief te hê op die manier wat God hulle liefhet, moet ons leer om mense te sien soos God hulle sien. Nie as voorwerpe om te gebruik nie, maar as mense om lief te hê. 



Is pornografie regtig so sleg? Ja. Omdat pornografie die manier waarop ons onsself sien, verdraai, asook die manier waarop ons ander behandel, en die manier waarop ons met die wêreld omgaan. 



Daar is darem goeie nuus. Deur die genade van Jesus kan ons losbreek uit die tronk van pornografie en die vryheid binnegaan wat Hy ons bied. 



Bid: Hemelse Vader, vergewe my vir al die kere wat ek na ander gekyk het en hulle as minderwaardig beskou het. Help my om hulle te sien soos U hulle sien sodat ek hulle kan liefhê op die manier waarop U hulle liefhet. In die Naam van Jesus. Amen. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How to Quit Porn

Ons leef in 'n wêreld waar pornografie meer toeganklik en aanvaarbaar is as ooit tevore. Dit bring ons by die vraag: "Is pornografie regtig so sleg?" As dit so sleg is: "Is vryheid dan enigsins moontlik?" As dit is, hoe ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid